Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
eend s.nw. | eende |
◌ ENGELS: duck
UITDRUKKING(S):
♦ my dam se eende mense of ’n groep by wie die spreker of skrywer aanklank vind, of hom of haar mee kan identifiseer; my (soort) mense: › Dis nou nie juis my dam se eende nie, maar niemand kan ontken nie dat B. in twee dekades ’n formidabele empire gebou het wat niemand [...] meer kan ignoreer nie (Max du Preez, Vrye Weekblad, 10 November 2023). › Jy omring jouself met jou dam se eende (Cintaine Schutte, Netwerk24, 25 Maart 2023). › Ek hardloop die Comrades elke jaar [...] omdat ek die geleentheid wil aangryp om ten goede te verander, om my vreemde boot te stuur deur ’n see van welwillendheid [...] en die dag deur te bring met vreemdelinge waarvan ek hou – my dam se eende – duisende en duisende van die mees voortreflike mense denkbaar (Bruce Clark, Rapport, 4 September 2022).
♦ ’n eend by die verkeerde dam wees jou bevind op ’n plek waar jy nie hoort nie, of waar jy jou nie tuis of gemaklik voel nie: › Ek was ’n eend by die verkeerde dam. Ek móés vlug (Max du Preex, Vrye Weekblad, 8 Desember 2023).
droogdruif
druppelbesmetting
druppeloordrag
dua
duik
duim
duiwel
duiwelasem
duiwelruitertjie
duiwelstert
dwaalbos
dwangkrag
dwarreldeeltjie
dwergisme
dwergsjimpansee
dydelik
dzikr
e-afval
EARS
EARS-CoV-2
e-beursie
EBieSA
edamame
eend
eenogigheid
eenooggod
eensaamheidsdood
een-tot-een-gesprek
eet
e-fiets
efundja
e-gesondheid
EHHP
Eid
Eid-oel-Fiter
einarooi
eisbein
ejiao
ekfrakties
ekfrase
eko-aktivis
ekobaksteen
ekomoord
ekonomie
ekoprotes
ekosteen
ekostryder