Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
EARS-CoV-2 s.nw. [afkorting van ernstige akute respiratoriese sindroom-koronavirustipe 2] [geen meervoud] (patologie) ◌ Ook ears-CoV-2, (verkeerd met ’n hoofletter) Ears-CoV-2 ◌ naam van die virus wat covid-19 by mense veroorsaak: › Die virus wat die wêreld tans aan die praat het, se naam is: ernstige akute respiratoriese sindroom-koronavirus-tipe 2 (Ears-CoV-2). Die siekte wat dit veroorsaak is: Covid-19. Dit is nie die “die Covid-19-virus” nie. Dus, wanneer jy siek word, het jy Covid-19 onder lede (Elsabé Brits, Netwerk24, 7 Maart 2020). › Op 11 Februarie maak die Internasionale Komitee vir Virustaksonomie en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) vir beide die virus en die siekte ’n amptelike naam bekend: “EARS- (SARS-)CoV-2” vir die virus, om die verband met “EARS-CoV”, wat in 2003 ’n soortgelyke “ernstige akute respiratoriese sindroom” (“EARS”) veroorsaak het, te beklemtoon, en “Covid-19” (“coronavirus disease 2019”) vir die siekte. Die naam “EARS-CoV-2/Covid-19” is dus soortgelyk aan “MIV/vigs”: Die eerste deel verwys na die virus; die tweede na die toestand. As jy Covid-19 het, is jy siek (Jana Luther, Beeld, 28 Februarie 2020). ◌ ENGELS: SARS-CoV-2
KYK OOK: covid-19, koronavirus
Drakie
drama queen
dreunlyf
dreuntuig
droogdruif
druppelbesmetting
druppeloordrag
dua
duik
duim
duiwel
duiwelasem
duiwelruitertjie
duiwelstert
dwaalbos
dwangkrag
dwarreldeeltjie
dwergisme
dwergsjimpansee
dydelik
dzikr
e-afval
EARS
EARS-CoV-2
e-beursie
EBieSA
edamame
eend
eenogigheid
eenooggod
eensaamheidsdood
een-tot-een-gesprek
eet
e-fiets
efundja
e-gesondheid
EHHP
Eid
Eid-oel-Fiter
einarooi
eisbein
ejiao
ekfrakties
ekfrase
eko-aktivis
ekobaksteen
ekomoord