Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
woeloeng s.nw. [geen meervoud] ◌ Ook woeloengtee, wulong, wulongtee ◌ tradisionele Chinese tee wat wissel tussen ’n groen tee, wat nie heeltemal geoksideer is nie, met ’n vars sitrusgeur, en ’n swart tee met ’n oksidasiegraad van tot 75 persent waarvan die smaak met dié van geroosterde appelkose of perskes vergelyk word: › Swarttee, woeloengtee, groentee en wittee kom van Camellia sinensis. Wittee kom van die eerste groeipunte […] Die verskil tussen die ander drie kom met die verwerking van die blare: Swarttee word heeltemal gefermenteer, woeloengtee deels en groentee glad nie (Jan Bosman, Landbouweekblad, 1 Maart 2019). › So min as ’n halwe koppie groen- of woeloengtee per dag, mag die risiko van hoë bloeddruk met bykans die helfte verminder, het ’n onlangse studie onder Chinese teedrinkers bewys (Republikein, 23 September 2004). ◌ ENGELS: oolong
whatsapper
WHO
whoonga
wiebelganger
wieg
wielbrood
wieletjie-
wieletjiewiskunde
wies
wieter
Wi-Fi-roeteerder
wiki
Wilde Weste
wildekaart
windkragboer
windplaas
winkelwoede
winsbejag
winsgerig
winsmotief
winsoogmerk
witbene
woedoo
woeloeng
woeloengtee
woepsklaps
woerts
woertskos
woerts-warts
woer-woer
woke
wolk
wolkbestuiwing
wolkkaart
wolkkombuis
wonder
wondergom
wonton
woongaping
woordblomraaisel
woordenaar
woordmissiel
woordwolk
wors
wraakporno
wraakpornografie
wroemwoede