Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
vishing s.nw. [geen meervoud] (Engels, rekenaar) situasie waarin ’n bedrieër, tydens ’n foonoproep of dergelike, voorgee om ’n amptenaar van ’n bank of ander diensverskaffer te wees met die doel om van niksvermoedende slagoffers vertroulike inligting, soos aanmeldbesonderhede of PIN-nommers, te probeer bekom: › Kuberkrakers het meer gesofistikeerd geword en ofskoon uitvissingsboodskappe (phishing, vishing en smishing) ’n konstante bedreiging bly, is daar deesdae fyner uitgewerkte metodes om individue en ondernemings se finansiële inligting te bekom (Amanda Visser, Finweek, 22 Januarie 2021).
◌ SINONIEM(E): stemuitvissing
KYK OOK: uitvissingsboodskap
oorsprong:
Uit Engels: voice + phishing.
vertrouenspersoon
vertrouensplig
vervalsing
vervleg
verwoestyning
veselinternet
veselnetwerk
veselverskaffer
vesin
vetberg
videostroomdiens
videotestament
vierhoeke
vierkante
vingerafdruktegnologie
viool
viraal
virtueel
virusangs
virusparaatheid
virusstad
virusvetjies
virusvrees
vishing
Vishnu
vista
VK
Vlaams
vlak
vleis
vleiskweking
vlelik
vlerksleeptoepassing
vlieërplankry
vliegplaas
vliegskaam
vloekbrood
vlok
vlooi
voedselsekerheid
voerderfonds
voerfonds
voetesleep
voetgroet
voetnek
VoIP
volgeling