Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
vensterperiode s.nw. | vensterperiodes | (uit Engels) kort periode as die enigste beskikbare tyd waarin iets kan/moet gebeur: › Dit was die eerste van slegs enkele goeie vensterperiodes vir klim dié jaar (Erika Gibson, Vrye Weekblad, 31 Mei 2019). › As jy die eerste keer vir die toets gaan en die uitslag is negatief, is dit voordelig om drie maande later weer vir ’n toets te gaan. Dit word die sogenaamde vensterperiode genoem. Dit word sterk aanbeveel om nie in die vensterperiode rond te slaap nie en net by jou partner te bly (Son Digitaal, 7 Desember 2015).
◌ ENGELS: window period
vanilla
vanilla=
variantland
vark
varkoor
vas
vasmang
vatbom
vatvyf
veelal
veeltaakverrigting
vegan
veganis
veganiskaas
veganisme
veganisties
veiligheid
veksilologie
veld-a-a
velhonger
velkrapper
velpiksteuring
velpikversteuring
vensterperiode
verbarbie
verbeel
verbloeming
verbruikerisme
verby
verdedigend
verdom
verdomming
verfoksel
vergeet
vergelykend
vergroente
verkak
verkaklik
verkeersligkind
verkinderlik
-verkleurmannetjie
vermomming
versagting
verskilkontrak
versnitleer
verspreiding
versuimspesialis