Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
truffeljag s.nw. [geen meervoud] met die hulp van honde soek na truffels – groot, geurige sampioene, ’n gesogte lekkerny, wat inheems in Suid-Europese woude groei, maar ook elders: › Dit het aan die lig gekom dat lappies grond geskik is vir truffels ... Hulle hou van ’n koel klimaat, met ’n sekere aantal wintersdae waarop die temperatuur tot by 5°C daal [...] Ons wou graag dié spesiale storie met besoekers deel en dis hoe die truffeljag ontstaan het. Deel van die jag se lekkerte is om die snuffelhonde [...] te ontmoet (Weg, 29 Januarie 2021).
◌ ENGELS: truffle hunting
samestelling(s):
truffeljagter: › Die truffeljagter (ook bekend as ’n “trufelau”) [...] wat haar “ambag” in Piedmont in Italië geleer het, werk ten nouste saam met haar spesiaal opgeleide Lagotto Romagnolo-honde om truffels te “jag” (Eikestadnuus, 19 Junie 2019).
trawie
trein
-trein
trek
trend
trendy
triek
trigologie
trigoloog
trigram
trilemma
trisomie
trofeejag
Trojaan
Trojaans
trolfabriek
trolliestoter
trolplaas
trolvegter
Trompie
troosdiens
troosdoos
trotsmars
truffeljag
Trumpetter
Trumpiaans
Trumpiet
Trumpis
Trumpisme
Trumpspoedig
truoniem
tsek
tsjador
tsoenami
tsotsilitikus
tsunami
tsundoku
tuin
tuisblyvakansie
tuis-isolasie
tuisvakansie
tulpa
Türkiye
Turkye
tussenmens
tussentaal
twala