Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

tittewyt (via Engels) Ook (minder gebruiklik) titteweit


ww. | het getittewyt | mooimaak (= grimeer, hare doen, mooi aantrek): Terug by die oord het ek weer my baaibroek aangetrek en in die gemak van my eie swembad vertoef totdat ek moes tittewyt vir die aand se kaperjolle (Marzahn Botha, Beeld, 24 Desember 2022). Van die vroegste tye al tittewyt ons[:] Argeoloë by die Wonderwerk-grot buite Kuruman het afgekom op gereedskap met ’n oorskot van dierevet en hematietoksied wat sowat 40 000 jaar oud is. Hulle reken die poeier is met vet gemeng en as lyfversiering ingespan om status en gelaatstrekke te beklemtoon. Siedaar, een van die eerste vorms van grimering (Carla Lewis, Netwerk24, 12 September 2020). Voor skool het die meisies hard aan die hare getitteweit, voor die skoolhek dit platgedruk en hul krulle met knippies en kammetjies probeer tem. As die skoolklok lui, is dit alles uitgetrek en die vingers onder die krulle ingewurm om die volume terug te kry (Netwerk24, 29 Augustus 2016).
SINONIEM(E): opdollie
ENGELS: titivate


s.nw. [geen meervoud] proses van te tittewyt: Daar is gerieflike toonbanke en spieëls vir tittewyt (Maryke Roberts, Netwerk24, 18 Julie 2021). Dit was ’n doodgewone Vrydag. Die gewone titteweit voor die naweek (Anastasia de Vries, Netwerk24, 2 Oktober 2017). Nadat ek my ma en boetie letterlik wakker ge-jump-and-jacks het, begin die titteweit (Rolene Strauss, Sarie, 7 Julie 2014).



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther