Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
subteks s.nw. [geen meervoud] onuitgesproke of verborge betekenis van ’n teks, of dieper lae van betekenis wat nie direk, eksplisiet, uitgedruk word nie, maar wat die leser of luisteraar uit die konteks, toon of dergelike kan aflei: › As Suid-Afrikaners is die subteks van ons alledaagse bestaan ’n opregte en diep vrees vir geweldsmisdaad. Dit is deel van ons DNS op ’n manier wat mense wat in veiliger samelewings woon nie eens kan begin verstaan nie (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 5 Januarie 2024).
◌ ENGELS: subtext
storm
stormkopies
storting
stouf
straat
straatboeka
straight
stratosferies
streepmuis
Streisandeffek
strepiesnuiwer
streskardiomiopatie
stresprinses
strobogrammaties
stromingsdiens
strontifiseer
strooiprater
stroom
stroomdiens
stroomkyk
stroomluister
studeerkamergeneraal
stuk
subteks
suffelste
suigeling
suigling
suikerlagie
suikerskedel
suipsafari
sumak
supermaan
superverspreider
suspension of disbelief
sustersmaan
SUT
suurkruid
SVA
swaan
swaardwalvis
swart
swartkas-KI
sweefdeeltjie
sweetberoep
swem
swembadnoedel
swerfgeskiedenis