Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
tadjien | tadjiens, tadjiene | (Arabies, kookkuns) (verafrikaanste spelling) ◌ Ook tajien, tajine, (uit Engels) tagine ◌
1 spesiale soort, vlak erdepot – waaruit dikwels ook geëet word – met ’n kegelvormige deksel wat stoom uitlaat, veral in Noord-Afrikaanse kookkuns gebruik: › Besit jy ’n tagine? Ek ook nie, maar dit gaan ons nie keer om ’n lekker eenpotdinges te maak nie (Frederik de Jager, Vrye Weekblad, 17 Julie 2020). › Die tagine word gewoonlik met Marokko vereenselwig, maar dit word ook in Tunisië, Libië en Algerië gebruik. Die eerste optekening van dié skottel kom in die negende eeu voor, in die Duisend en een nagte, maar die moontlikheid bestaan dat dit ’n nasaat is van ’n klei-oondjie wat Romeinse soldate saam met hulle na die buiteposte gevat het (Frederik de Jager, Vrye Weekblad, 17 Julie 2020). › Die eienaardige vorm van die tagine se deksel het die verdere voordeel dat vog daarteen versamel en weer afloop tot in die kos, wat beteken jy kan met min water kook (Frederik de Jager, Vrye Weekblad, 17 Julie 2020). › Marokkane gebruik kwepers in die wonderlike vleispotte wat hulle tagines noem en ek maak self ’n kerriepot met lamsvleis en kwepers (Die Burger, 20 April 2005).
2 stowegereg wat stadig in ’n tadjien gaargemaak is, meestal met skaapvleis, groente en vrugte, en speserye as bestanddele: › Terug in die tent is ons betyds vir ’n heerlike tajjine, voorgesit in die tradisionele erdebak met ’n deksel soos ’n tuitpunthoed. Groente, hoender en aartappels. Alles tydsaam gaargemaak op ’n oop vuurtjie (Die Burger, 16 April 2005). › Ek (wens) moderne wetenskap wil ’n bietjie gouer maak en ’n katoeter ontwikkel wat reuke vasvang. Hulle kan dit sommer in ’n app vir jou slimfoon ontwikkel, dit die Smellogram noem en siedaar! Jy kan daardie heerlike tajine wat jy nou in die agterstrate van Marrakesj eet, se geur met jou vriende deel (Netwerk24, 20 Februarie 2016). › Dis ’n bredie, maar ook nie ’n bredie nie, want dis ’n tagine, en ’n tagine is ’n spesiale soort bredie, gekook in ’n spesiale soort pot. ’n Erdepot wat nie ’n deksel op het nie, maar ’n hoed, en trouens ’n punthoed (Frederik de Jager, Vrye Weekblad, 17 Julie 2020). › Die tagine is ’n unieke hutspot wat veral in Noord-Afrika geëet word (Die Burger, 23 Oktober 2004). ◌ ENGELS: tagine
♦ =tadjien of =tajine, =tagine tadjien van die soort wat in die eerste deel genoem word: › beesvleistajine, groentetajine, lamstajine, skaaptajine, vistajine. › Oorsee is naeltjies ’n algemene bestanddeel in gemmerkoekies, Marokkaanse lamsvleis-tajine, klappermelk-ryspoeding of Amerikaanse pampoenpastei (Seline en Leandri van der Wat, Netwerk24, 11 Junie 2015). › Op Donderdag se spyskaart was ’n Libanese eiervrugslaai, Noord-Afrikaanse koeskoes en ’n eendtagine (Die Burger, 23 Oktober 2004).
sustersmaan
SUT
suurkruid
SVA
swaan
swaardwalvis
swart
swartkas-KI
sweefdeeltjie
sweetberoep
swem
swembadnoedel
swerfgeskiedenis
swerfplastiek
swerfprogram
swerwer
swerwing
Swiftie
sy-ekonomie
sypaadjiefilosoof
ta
taal
taalmodel
tadjien
tafelsit
tagine
tajien
tajine
takotsubo-kardiomiopatie
talassofiel
talmkos
tamale
tamboer
tameletjie
tanatofobie
tand
tandemvoeding
tangaar
tangara
tankini
TAO
tarrie
tatie
tatoe
tatsoi
taxi
TCK