Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
sneeuvlokkie2 s.nw. | sneeuvlokkies | (figuurlik, informeel, neerhalend) persoon, veral ’n millenniër, wat (na die mening van die spreker) oorsensitief is: › Generasie Z is die nuwelinge in die werkplek wat volgens Pew Research ná 1996 gebore is en nou oorvat by die oorspronklike sneeuvlokkies, die millenniërs (Chundré Filippus, Vrye Weekblad, 26 Augustus 2022). › Sneeuvlokkies. Lui, voel die lewe skuld hulle, wil beloon word net om op te daag, vol angs, vol klagtes, selfbehep, voorkomsbehep, tegnologie-behep, lei Instagram-lewens (Adri Kotzé, Vrye Weekblad, 3 Januarie 2020).
◌ ENGELS: snowflake
samestelling(s):
sneeuvlokkiegenerasie: › Millenniërs [staan] steeds bekend as die sneeuvlokkiegenerasie: Die sagte, weerlose jeug met te veel opinies en te dun velle. (Arleen Stone, Netwerk24, 29 Maart 2019).
KYK OOK: millenniër
slimomgewing
slimstad
slingersous
slippie
sloertoer
slofie
slug
sluipvariant
slurpsak
smaak
smaakaksent
smaakmaker
smakie
smêsh
smêsj
smishing
smoelkappie
smokkeljaart
smoors
SMS-uitvissing
smurf
smurfery
sneeuvlokkie 1
sneeuvlokkie 2
snellergereed
SNO
snoek
snoeptamatie
snol
Snorstad
snuffelsagteware
sny
snyer
soantropie
so-by-so
soe
SOE
Soeboeg
soema
Soenat
sofaseekoei
Sokraties
sol
solopreneur
som
somermaand
somma