Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
smêsh (uit Engels, informeel) ◌ Ook smêsj ◌
♦ s.nw. [geen meervoud]
1 (kookkuns) kapokaartappel(s): › Die lys is lank: frikkadelle met ertjies en smêsh (wie sê ooit kapokaartappels?) (Nettie Pikeur, Vrye Weekblad, 28 Junie 2019). ◌ Engels: (s)mashed potatoes
2 ongeluk: › Hy sê die vraag is nou net wie van dié twee op hierdie oomblik die petrolpedaal en wie die brieke sit en trap, want ’n groot smêsh lyk vir hom net om die volgende draai (Blouwillemaandag, Beeld, 8 Januarie 2018). › As daar iewers ’n smêsj was, wil ek dadelik weet hoe het dit gebeur en waarom (Marnus Hattingh, Netwerk24, 10 Julie 2013). ◌ Engels: smash
3 (figuurlik) moeilikheid; bakleiery: › Verlede Saterdagmiddag was daar amper ’n smêsh (Ben van Bruggen, LitNet-blog, 20 April 2013). › Wat kan ons sê oor die verkiesing behalwe dat dit genadiglik sonder ’n groot smêsh verby is? (Blouwillem Theron, Netwerk24, 8 Mei 2014). ◌ Engels: trouble
♦ ww. | het gesmêsh/gesmêsj | (stukkend) stamp; verwoes: › Maar dit was met gerekte oë dat hy die nuus aangehoor het van die Jaguar F-Type wat die naweek in Knysna teen die kranse gesmêsj is (Knormoer, Netwerk24, 21 Mei 2014).
oorsprong:
Uit Engels smash.
afleiding(s):
opsmêsh, opsmêsj: › En dan kom die duiwel se agente en kom smêsh jou kar nog verder op. (Lourensrivier.co.za, 14 Junie 2018).
slentertrap
slentertrapper
sleutelgatchirurgie
sleutelgatoperasie
sleutelklaar
slimbril
slimetiket
slimhorlosie
slimhuis
slimkontrak
slimluidspreker
slimmeter
slimomgewing
slimstad
slingersous
sloertoer
slofie
slug
sluipvariant
slurpsak
smaak
smaakaksent
smaakmaker
smêsh
smêsj
smishing
smoelkappie
smokkeljaart
smoors
SMS-uitvissing
smurf
smurfery
sneeuvlokkie 1
sneeuvlokkie 2
snellergereed
SNO
snoek
snoeptamatie
snol
Snorstad
snuffelsagteware
sny
snyer
soantropie
so-by-so
soe
SOE