Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
sitokienstorm s.nw. | sitokienstorms | (patologie, geneeskunde, informeel) sitokienvrystellingsindroom: › Onthou, jou brein ag Covid ook as ’n gevaar of bedreiging. Jou liggaam veg daarteen – dokters noem dit ’n sitokienstorm, waar jou liggaam groot hoeveelhede sitokien afskei en vervaardig om jou immuunstelsel aan te help. In die regte hoeveelhede gee die sitokien jou immuunstelsel ’n hupstoot, maar as jou liggaam te veel vervaardig, kan dit lei tot orgaanskade, selfs die dood (Dawn van den Heever, Netwerk24, 26 Junie 2021). › Wat kenners nie weet nie, is hoekom sommige mense so ernstig siek word en ander nie. Dit kan te doen hê met die sitokienstorm wat sekere mense ervaar – ’n oordrewe reaksie van die immuunstelsel (Elsabé Brits, Vrye Weekblad, 8 Mei 2020).
◌ ENGELS: cytokine storm → sitokienvrystellingsindroom
shibori
shiitake
shinga
shisa nyama
shisha
shukran
shweshwe
SI
siel
sielkanker
sielsuster
sielvreter
sientyd
Sigeuner
siklogenese
SIM-uitruiling
sinestesie
sinkhok
Sino-Tibettaans
Sinti
sirkel-ekonomie
sirkelserp
sitokien
sitokienstorm
sitokienvrystellingsindroom
sitrus
sjasjlik
Sjawal
sjiitake
sjimeji
sjisja
sjisj-kebab
Sjiwa
sjoekran
sjoesj
sjokkie
SKA
skaduwerk
skaftien
skaftin
skaloeloe
Skandi-
skarebefondsing
skaredeelname
skarefinansiering
skareverkryging
skarminkel