Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
rampokkerstaat s.nw. | rampokkerstate | land of regering wat sterk deur georganiseerde misdaadgroeperings beïnvloed word, of waar misdadige elemente die politieke stelsel tot so ’n mate binnegedring het dat hulle beduidende beheer oor staatsinstellings en -besluitnemingprosesse uitoefen: › In Maart 2023 is dit nie meer net wilde retoriek nie om Suid-Afrika te beskryf as ’n rampokkerstaat; ’n wettelose staat waar georganiseerde misdaad hoogty vier; waar korrupsie van die laagste tot die hoogste vlak van regering geïnstitusionaliseer en endemies is; waar sluipmoorde met politieke en ekonomiese motiewe byna alledaags geword het; waar die rykes vir hulleself moet sorg en die armes krepeer; waar geen burger sy/haar lewe veilig is nie (Max du Preez, Vrye Weekblad, 3 Maart 2023). › Het Suid-Afrika werklik ontaard in ’n rampokkerstaat waar die korruptes en die staatskapers die botoon voer? (Netwerk24, 10 Januarie 2023). ◌ SINONIEM(E): mafiastaat ◌ ENGELS: gangster state
KYK OOK: boewekrasie
punt-in-die-wind-
pwasa
p-woord
QCTO
QR
queer
quesadilla
quiet quitting
quinoa
RA
raaitou
raap-aap
radar
radarskerm
radiofrekwensie-identifikasie
rafeltjievleis
rafelvark
rafelvleis
raka’at
raki
rakker
Ramaphantasie
Ramaphorie
rampokkerstaat
ramptoeris
randela
Rap
rara avis
RASA
rasgekwel
rasgelaai
rasieleier
Rasoel
rassisme
rat
RDS
realiteit
recce
reduplikasie
reënboog-
reënboogarmband
reënboogdwang
reënboogspektrum
reënboogvlag
regrukstrategie
reisrusie
rekenaardenke