Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
pasiënt s.nw. | pasiënte | pasiëntjie |
› pasiënt zero Ook Pasiënt Zero
persoon wat by ’n ernstige uitbraak van verwante gevalle, as die eerste draer van ’n aansteeklike siekte geïdentifiseer word: › Wie is ‘pasiënt zero’ wat die virus wêreldwyd versprei het? (Netwerk24, 14 Februarie 2020). › Die plek waar Pasiënt Zero se vrou werk, is tot Maandag gesluit. (Netwerk24).
◌ ENGELS: patient zero
› pasiënt een Ook Pasiënt Een
persoon wat by ’n ernstige uitbraak van verwante gevalle, geïdentifiseer word as die eerste pasiënt wat plaaslik die siekte opgedoen het weens kontak met iemand wat van elders na sy/haar gebied gekom het: › Dit was Italië se eerste plaaslike besmetting, en hy is Pasiënt Een gedoop.
◌ ENGELS: patient one
panglossiaans
paniekinkope
paniekinkopies
pannekoek=
pannekoekmens
panseksualiteit
panseksueel
panslaner
pantoniem
pap
papegaaislaai
papie
papier
papierblom
papierbrigade
papmasjien
parafilie
pareidolie
parrabeen
parrabeentjie
partjies
partner
partytjie
pasiënt
pasmaat-app
pata-pata
patatvatter
p-boek
PBT
PCS
pedi
pediatries
penniepolonie
pepa
pepino
perd
perigeummaan
perioperatief
permakrisis
pers
persentasiepunt
persoon
persoonlikheid
pesketariër
pesketarisme
pestemal
peuterbord