Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
pasiënt s.nw. | pasiënte | pasiëntjie |
› pasiënt zero ◌ Ook Pasiënt Zero ◌ persoon wat by ’n ernstige uitbraak van verwante gevalle, as die eerste draer van ’n aansteeklike siekte geïdentifiseer word: › Wie is ‘pasiënt zero’ wat die virus wêreldwyd versprei het? (Netwerk24, 14 Februarie 2020). › Die plek waar Pasiënt Zero se vrou werk, is tot Maandag gesluit. (Netwerk24). ◌ ENGELS: patient zero
› pasiënt een ◌ Ook Pasiënt Een ◌ persoon wat by ’n ernstige uitbraak van verwante gevalle, geïdentifiseer word as die eerste pasiënt wat plaaslik die siekte opgedoen het weens kontak met iemand wat van elders na sy/haar gebied gekom het: › Dit was Italië se eerste plaaslike besmetting, en hy is Pasiënt Een gedoop. ◌ ENGELS: patient one
panglossiaans
paniekinkope
paniekinkopies
pannekoek=
pannekoekmens
panseksualiteit
panseksueel
panslaner
pantoniem
pap
papegaaislaai
papie
papier
papierblom
papierbrigade
papmasjien
parafilie
pareidolie
parrabeen
parrabeentjie
partjies
partner
partytjie
pasiënt
pasmaat-app
pata-pata
patatvatter
p-boek
PBT
PCS
pedi
pediatries
penniepolonie
pepa
pepino
perd
perigeummaan
perioperatief
permakrisis
pers
persentasiepunt
persoon
persoonlikheid
pesketariër
pesketarisme
pestemal
phishing