Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
moesiemond (informeel, neerhalend)
♦ s.nw. [geen meervoud]
1 mond van iemand wat niks sê nie, maar wat sy of haar lippe op ’n plooi trek, sodat die getuite, saamgeperste lippe ontevredenheid of dergelike te kenne gee en aan ’n ronderige opgehewe groeisel, soos ’n moesie, herinner: › Sy maak moesiemond en sê: Skoert nou. Ons probeer werk hier. (Tania en die towerfluitjie, 2014, vertaal).
2 iemand wat sy of haar lippe bot of ontevrede tuit en saampers.
♦ b.nw. [attr. en pred.] nors en stil, veral met die mond op ’n plooi getrek, die lippe saamgepers en effens getuit: › Kommissarisse nog moesiemond ná ’n dekade van NOP – Wat veronderstel was om ’n bekendstelling te wees van ’n verslag oor vordering wat ná 10 jaar met die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) gemaak is, het [...] in ’n grootskaalse verleentheid ontaard (Francois Williams, Netwerk24, 26 September 2023).
misinformasie
misofonie
misoginis
missiel
mistykie
mitomaan
mittedjale
mizuna
MJC
MJR
MKI
MNS
mobiliteitsbromponie
modder
modemasker
modus
moeder
moer
moermeter
moers
Moertad
moesallie
moesie
moesiemond
moffie
mogodu
mojito
molla
mompelment
mond
mondboog
mondkappie
monument
moordvis
mosaïeklandbou
moskombers
motjiekok
motorfiets-ambulans
motswako
mozzarellabolletjies
MPD
MRK
mRNA
mu'assel
muis
muishondstaat
muishondstatus