Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
lyfkamera s.nw. | lyfkameras | klein, draagbare kamera wat aan die lyf, op die bors of skouer, of soms op ’n helm of pet gedra word, dikwels deur lede van ’n polisiediens of ander wetstoepassers, of deur skeidsregters: › Op video’s van ’n lyfkamera blyk dit dat ’n skoktoestel op N. gebruik is nadat hy uit sy motor gesleep, grond toe gedwing en met pepersproei gespuit is (Netwerk24, 31 Januarie 2023). › Skeidsregters in grondvlak-ligas in Engeland voel glo meer seker van hulself en “veiliger” wanneer hulle lyfkameras dra terwyl hulle in wedstryde blaas (Netwerk24, 5 April 2023). › Die beeldmateriaal van twee polisiebeamptes se lyfkameras wat die volle inhegtenisneming [...] toon, is uitgelek nadat dit in die hof vertoon is (Netwerk24, 4 Augustus 2020).
◌ ENGELS: body camera | bodycam | body-worn camera | wearable camera | body worn video | BWV
lobby
loep
loerbroer-tegnologie
lojaliteitspunte
lol
lont
Loslitafrikaans
Loslitdag
loslitdrag
losprysware
LTE
lugaanhalingstekens
lugbegrafnis
lugbraaier
lugtaxi
luidier
luikansie
luisterblog
luisterblogger
luistertaal
lus
lyfgaatjie
lyfjuwele
lyfkamera
lyfkuns
lyfprieming
lyn
lysartikel
M2M
maaf
maagkrul
macchiato
Machina sapiens
madeleine
Madiba
madrassa
mafianiseer
mafianisering
mafiastaat
mag
MAGA
magalies
Magas
magies
maglev
magneethengel
magneethengelaar