Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
kabaal s.nw. | kabale |
1 lawaai | opskudding
2 groep(ie) mense (= kliek) wat slinks, langs omweë, arglistig te werk gaan, wat agteraf knoei om heimlik invloed uit te oefen en hul eie oogmerke te bereik: › In my herinnering het ek eerste in Suid-Afrika met die konsep te make gehad toe daar in die 1980’s na die Indiërlede van die UDF as ’n kabaal verwys is (Max du Preez, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019). › Hy het 42 senior joernaliste uitgewys wat deel is van ’n geheime, magtige kabaal wat hom wil vernietig (Max du Preez, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019). › Ek self is dié week tot lid van drie kabale verklaar (Max du Preez, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019).
afleiding(s):
kabalis
jelliemannetjie
jelpen
jentoe
jerseymoue
jimpels
jintoe
jintoelina
jip-jap
jirlikheid
jissou
jojo
jolliepatrollie
jollof
joos
jors
judgerig
juggle
juigkommando
kaakbreker
kaalstert
kaantie
Kaapstad
kaart
kabaal
kabalis
kabelbinder
kabeldief
kabeldiefstal
kabelskaats
kaboedel
kaboel
kabouter
kader
kaderontplooiing
kaggel
KAI
kak
kakebeenbreker
kakkies
kakorrafiofobie
kakpot
kala
kalender
kalipso
kalm
kalonji
kamer