Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
implantaat s.nw. | implantate | (verouderend) ◌ Ook inplantaat ◌ liggaamsvreemde element, byvoorbeeld van metaal of plastiek, wat chirurgies in die liggaam van ’n mens ingevoeg/ingeplant word: › Vroue [wat ’n mastektomie ondergaan het] kan óf ’n implantaat-rekonstruksie kies óf ’n outoloog- of “flap”-rekonstruksie. Eersgenoemde verwys na die inplant van ’n implantaat wat [’n soutoplossing] of silikoonjel (of ’n kombinasie van die twee) bevat onder die pektorale borsspier. (Karla Janse van Vuuren, Rapport, 14 Oktober 2018). › Kunsgebitte, ’n plaatjie, implantate en brûe kan kos en bakterieë vasvang (Huisgenoot, 3 Mei 2019). › Spasies tussen tande kan met harsmateriale opgevul word. Soms word porseleinkrone gebruik om dié probleem op te los. Spasies waar tande afwesig is, kan toegemaak word met verwyderbare kunsgebitte, kroon- en brugwerk, of implantate (Die Burger, 29 Mei 2000). ◌ SINONIEM(E): inplanting ◌ ENGELS: implant
idealiter
identiteit
identiteitsdief
identiteitspolitiek
IDV
ie
IE
iederelk
iemaan
ienagge
ieqaamah
ieshaa
ietsisme
iftaar
IG
IKT
imbawula
immigrant
immuniteitsertifikaat
immuniteitskaart
immuniteitspas
immuniteitspaspoort
impepho
implantaat
implementeer
implementeringswetenskap
in vitro-vleis
inblykonsert
indie
indlamu
indringerware
inentingsertifikaat
inentingshuiwering
inentingskaart
inentingspas
inentingspaspoort
inentingspolarisasie
inentingsweifeling
infantiliseer
infeksiekurwe
infeksierisiko
infeksieroete
infeksie-tsoenami
infeksievrees
infertiliteit
infodemie
infografiek