Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
grensverskuiwend b.nw. | grensverskuiwende | (figuurlik) (t.o.v. verrassende ontdekkings, radikale vernuwings, en so meer) wat nuwe, wyer grense daarstel: › Die WKOD is besig om sy riglyne oor genderidentiteit en seksuele oriëntasie in openbare skole af te handel. “Dit is grensverskuiwend, want voorheen was daar geen riglyne of beleid in die land wat skole moes volg om byvoorbeeld transgender leerlinge te ondersteun nie” (Netwerk24, 23 Junie 2021). › Talle Suid-Afrikaners het die eerste keer daardie ongelooflike gravitas ervaar toe Shaleen die rol van Fiela in die grensverskuiwende Fiela se Kind gespeel het. Selfs wanneer ek dit vandag kyk, is ek verstom dat ’n aktrise ’n rol tot so ’n mate kan inneem dat elke liewe emosie van begin tot einde jou tref (Huisgenoot, 11 Junie 2021). › Die prys word toegeken aan ’n individu wie se Afrikaanse skryfwerk in die algemeen – hetsy as skrywer, digter, liriekskrywer of dramaturg – as vernuwend en grensverskuiwend beskou word (Sarie, April 2015). › Dié parfuums word beskou as van die eeu se mees grensverskuiwende geure (Sarie, November 2015). ◌ ENGELS: groundbreaking
KYK OOK: spelveranderend
goggahotel
gogo
gomlekker
gommetjie
gooi
GOS
goud
gouspring=
GPS-skattejag
GPS-speld
Gqeberha
graadeen-parrabeen
graai
grafeen
grafskrif=
grassnyerouer
grendelnood
grendelstaat
grendeltyd
grendeltydperk
grenslynpersoonlikheidsversteuring
grensoorskreidend
grenstipe-persoonlikheidsteuring
grensverskuiwend
grensverskuiwer
grilgriet
groen
groendruppel=
groendruppelverslag
groenkragaanleg
groenpoets
groenpoetser
groenpoetsery
groenstrook
groenvingeroplossing
groenvoer
groenwassery
groepsimmuniteit
grond
grondgryp
grondgryper
grondroof
grootdata
grotsindroom
grypkultuur
grys
grysskoenbrigade