Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 5 Februarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

gentrifisering s.nw. [gewoonlik enkelvoud]
Ook gentrifikasie

(proses van) buurtopknapping; stelselmatige verandering van ’n arm woonbuurt deur mense met meer geld wat daar kom woon en/of sake doen en dan huise en ander geboue opknap en verbeter: Williams is ook gekritiseer vir sy buurtopknapping of “gentrifisering”; dat hy sommige arm mense gesubsidieer het om in ryker buurte te woon (Finweek, 30 Maart 2017). Dit is egter nie net hulle [die mense van die Bo-Kaap] wat in die proses van kortsigtige en kortstondige “ontwikkeling”, gentrifikasie en argitektoniese omgewingsbesoedeling benadeel word nie, maar die hele land, al sy mense en sy geskiedenis in een van die bes bewaarde en leesbare teaters van daardie geskiedenis – wat artefak, mens en durende leefwyse en gebruik betref (Schalk le Roux, Netwerk24, 8 Januarie 2019). Vir die skrywer en joernalis Haji Mohamed Dawjee is Converse-tekkies – verkieslik wittes – “die skoen-ekwivalent van gentrifikasie” (Marijcke Dodds, Rapport, 27 Mei 2019). Die gentrifikasie ry Ryneveldstraat deesdae bloots hier op die studentedorp. Waar tokkelokke onderweg na dogmatiekklas by die Kweekskool twee dekades gelede hier staan-staan aan louwarm salamipasteie gestaan en eet het, is daar nou ’n koffiewinkel met die motto: Coffee for heroes (Le Roux Schoeman, Netwerk24, 25 April 2018). Ons word uitgeskop en word deel van die statistiek wat daagliks in Kaapstad toeneem weens gentrifikasie onder die vaandel van ontwikkeling (Henk Serfontein, Vrye Weekblad, 17 Mei 2019).
SINONIEM(E): buurtverfraaiing | yuppifikasie | jappifikasie
ENGELS: gentrification


Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther