Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
gemeenskapstuin s.nw. | gemeenskapstuine | gemeenskapstuintjie | projek waar lede van ’n gemeenskap ’n tuin vir die kweek van groente en/of ander gewasse aanlê, dit bewerk, en die opbrengs vir tuisverbruik neem en/of dit verkoop: › ‘Allotment’ is ’n Britse term vir ’n erfie wat gevorm word as ’n groot stuk grond onderverdeel en die erwe aan individue of gesinne verhuur word met die doel om kos en blomme vir eie gebruik te kweek [...] Gemeenskapstuine is groter stukke grond waarna ’n groep mense omsien. In Noord-Amerika verwys die term “gemeenskapstuin” na stukke grond wat deur individue en groepe versorg word. In Brittanje word die term “victory garden” soms gebruik, veral as ’n gemeenskapstuin gedurende die Eerste of Tweede Wêreldoorlog gestig is (Platteland, Lente 2021). › Anneliese Burgess vertel die merkwaardige verhaal van ’n gemeenskapstuin op ’n boer se plaas in die Karoo wat tydens die inperking op die been gebring is (Vrye Weekblad, 28 Augustus 2020). › ’n Piepklein gemeenskap soos ons s’n sou dit net nie op die lange duur finansieel kon volhou om vir mense aan te hou kos skenk nie. Die idee van ’n gemeenskapstuin was al jare in die omloop, maar die nood van Covid-19 … het die ding uiteindelik laat gebeur (Kathryn Dwyer, Vrye Weekblad, 28 Augustus 2020). ◌ ENGELS: community garden
KYK OOK: spenstuin
geenredigering
geesteswetenskappe
gefica
gehanna-hanna
geheueskuim
geheueskuimrubber
geheuespons
geheuestokkie
gehiernatoe
geit
gekletter
gekorona
gekureer
gelamba
gelappop
geldeenheid
geldmuil
geloofskas
geluiddempend
geluiddowend
geluidshaat
geluk
gemani
gemeenskapstuin
gemengde leer
gementorde
gemoedsbekakker
gemoedsbekakking
gemors
gemorsopruimer
genderbinariteit
gendergeweld
genderidentiteit
genderkontinuum
genderneutraal
genderneutraliteit
genderqueer
genderspektrum
genderstereotipe
genderstereotipering
genderswerwer
gendervloeibaar
generasie
geneties
genomies
genomika
gentleman-skollie