Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

dekonstrueer ww. | het gedekonstrueer |
1
(iets) ontleed/herlei/terugvoer tot die dele waaruit dit oorspronklik geskep/saamgestel is en dié (bestand)dele dan opnuut interpreteer en saamvoeg: Plan drie is om iets te doen wat elke Afrikaanse skrywer wat sy sout verdien, in elk geval doen – en dis om nie net te sit en die Engels te verwerk nie, maar terug te gaan na die oorspronklike strategie vir die advertensie, om te begryp wat die werklike doel van die konsep was in plaas van om jou blind te staar teen die Engels. Jy dekonstrueer die advertensie tot by sy basiese elemente en begin weer van voor af bou, al is jy gebind aan gegewe illustrasiemateriaal (Afrikaans vandag, kwartaalblad van die Stigting vir Afrikaans, Februarie 1997). [Willie Bester se] landskappe het saam met tydgenote soos Jane Alexander, David Koloane, Sam Nhlengethwa, Penny Siopis en Alfred Thoba die koloniale blik gedekonstrueer en as aanklag gedien teen die politieke vergrype gedurende apartheid (Henk Serfontein, Vrye Weekblad, 14 Junie 2019). Iets wat egter vir my al hoe meer voorkom by moderne kookkuns is ’n oorkompensasie van kosslenters, wat veroorsaak dat die bestanddele soms tweede viool speel vir foefies en truuks. Styl en voorlegging word amper belangriker geag as geur en smaak. Die integriteit van die bestanddele gaan verlore. Vars bestanddele word so gereduseer en gedekonstrueer dat die eindproduk eintlik maar net ’n skadu is van die oorspronklike bestanddeel (Carla Lewis, Netwerk24, 10 Junie 2017). Niks ontgaan [Alexander Strachan] se alsiende oog nie. Dwaalpoort dekonstrueer groot temas – van eienaarskap, bewaring, plaasonteiening, grondhervorming en oeroue natuurkragte tot die politiek van verhoudings en die einde van ’n politieke era (Hannelie Booyens, Huisgenoot).

2
(teks) ontleed deur ’n proses van dekonstruksie te volg.
ENGELS: deconstruct


KYK OOK: dekonstruksie


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther