Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
boodskapper-RNS s.nw. [dikwels afgekort of verkort tot bRNS, b-RNS] [geen meervoud] (biologie, chemie) vorm van RNS wat as “boodskapper” twee prosesse met mekaar verbind: › Soos die naam aandui, tree boodskapper-RNS as ’n belangrike boodskapper in menslike selle op. Hierdie molekules dra unieke kodes wat vir ons selle “sê” watter proteïene om te maak en wanneer om dit te maak (Netwerk24, 9 September 2021). › Boodskapper-RNS speel ’n sentrale rol in die oordra van genetiese inligting. › Die entstof maak gebruik van boodskapper-RNS (bRNS). Die virus se genetiese kode is ’n RNS-string. Die deel van die kode wat spesifiek vir die proteïenuitstulpings is wat die virus gebruik om aan selle te heg, word as’t ware uit die res van die virus “gesny” (Jana Marx, Netwerk24, 2 Julie 2021). ◌ ENGELS: messenger-RNA | mRNA
samestelling(s):
boodskapper-RNS-entstof: › Die Covid-19-pandemie het ’n dringende behoefte aan ’n doeltreffende entstof geskep. Dit is waar boodskapper-RNS- (bRNS-)entstowwe, wat as die tegnologie van die ’n volgende generasie beskou word, op die voorgrond getree het (Netwerk24, 9 September 2021).
bRNS-entstof
bRNS-tegnologie
Boere-Toskaans
Boereworsgordyn
boerka
boerkini
boesemsonde
boetiek
boewekrasie
bogberig
bok 1
bok 2
bokashi
bokasji
boks
boks-
boksemdais
boksendais
bolla 1
bolla 2
bollaharkie
bomsiklogenese
bomsikloon
Bonnie-en-Clyde-sindroom
bonobo
boodskapper-RNS
boogskiet
boom
boomchirurg
boomomhelser
boomversorger
boorling
bootskaats
borrel
borsbreker
bos
bosgasiefrustrasie
boskasiedag
boskasiefrustrasie
boslanster
Bosniak
Bosniër
bosvleis
boswa
bot
bottelkoors
botterbulletjie
boumafia
boyfriend