Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
Betekenis hang af van konteks
Ons gebruik taal om bepaalde betekenisse oor te dra, want die woorde wat ons inspan, het betekenis. Ons kan ook sê dat betekenis woorde het. ’n Bepaalde betekenis het naamlik ’n woord of woorde nodig om gestalte te kry in die taal. Dit gebeur dikwels dat een betekenis verskillende woorde het, d.w.s dat dieselfde betekenis deur meer as een woord uitgedruk kan word.
Die sinonieme verkleurmannetjie en trapsuutjies is twee woorde wat in Afrikaans gebruik word om aan dieselfde betekenis uitdrukking te gee. Alhoewel hierdie twee woorde een betekenis het, het dié een betekenis minstens twee woorde in Afrikaans.
Taalverskeidenheid is een van die interessante kenmerke van taal en speel ook ’n rol by die verwoording van betekenis. Alhoewel een betekenis meer as een woord kan hê, bepaal die konteks waarin die betekenis verwoord moet word gewoonlik watter woord die mees gepaste is.
Die voegwoord nademaal het dieselfde betekenis as die omdat. Alhoewel hulle betekenis dieselfde is, het dié twee woorde verskillende gebruiksvoorwaardes. Nademaal is nie ’n woord wat in ’n gewone gesprek oor die matriekafskeid gebruik sal word nie. Dit is ’n verouderde woord wat tot ’n verhewe styl behoort. Daarteenoor is omdat neutraal. Dié woord kan in enige gesprek gebruik word. Maar naas sy plegtige familielid nademaal het omdat ook minder plegtige neefs en niggies. Dieselfde betekenis het verskillende woorde wat aan ander gebruiksvoorwaardes vol doen.
Die volgende sinne beteken dieselfde ondanks die verskillende voegwoorde wat gebruik word.
Sy was vies omdat haar fiets gesteel is.
Sy was vies oordat haar fiets gesteel is.
Sy was vies oorlat haar fiets gesteel is.
Sy was vies oor haar fiets gesteel is.
Die voegwoorde omdat, oordat, oorlat en oor verwoord dieselfde betekenis maar illustreer ’n kenmerkende aspek van taalverskeidenheid.
Ondanks die betekenisooreenkoms verskil die tipiese gebruik van hierdie woorde. Omdat is steeds die neutrale vorm wat in alle kontekste gebruik kan word terwyl die ander drie ’n beperkte gebruik het.
Tradisioneel tree dié woorde veral in die informele taalgebruik op en dan meer spesifiek in gesproke taalgebruik. Alhoewel sulke woorde dikwels en ten onregte nie in woordeboeke erken word nie, is hulle volwaardige elemente van die woordeskat van Afrikaans en moet ons hulle gebruik en gebruiksvoorwaardes ken.
Woorde uit die informele taalgebruik word dikwels bevorder tot die algemene en neutrale gebruik. Dink maar aan die opgang wat die woord tekkie in Afrikaans gemaak het. Dit kan dalk nog met oordat en sy familie gebeur. Wat nou reeds geld, is dat elk van dié woorde op sy eie plek help om ’n betekenis in Afrikaans te verwoord sodat suksesvolle kommunikasie kan plaasvind.
Johan Combrink, Taalskatkis, 17 Oktober 1994 © Die Burger, Media24
trefwoorde
betekenis | konteks | neutrale vorm | omgangstaal | register | sinoniem | spreektaal | taalverskeidenheid | voegwoord
afkorting
Afkorting en volvorm
Afrikaanse woordelys en spelreëls
Afrikataal
Afrilex
agtervoegsel
akroniem
akuut
anglisisme
apostroof
argaïsme
assimilasie
asterisk
Asterisk wys nagedagte
AWS
Bê, sê die bok
bekendstelling
beklemtoning
Benamings laat struikel
benoeming
bereëling
Besluite neem of maak?
betekenis
Betekenis vra konteks
betekenisverruiming
Betekenisverruiming gee woema
betekenisverskuiwing
biljoen en miljard
boer en Boer
Bologne tot Benoni
bysin
bywoord
DBAT
definisiewoord
Deftig wees
diakritiese teken
dialek
Dialektiese variasies
Die tyd is nou
dierenaam
diernaam
dubbele meervoud
dubbelpunt
Duits
Één een
eenduidigheid
eienaam