Bygewerk op 21 Februarie 2021
Redakteur: Jana Luther

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, nuwe betekenisse, nuwe uitdrukkings, asook oues wat dalk elders in die slag gebly het – hier bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

Klik hier vir die lewende woordeboek, wat deurlopend aangevul word:


Indeks | A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z | 1 | 2 | 3 | 4 | 5

xenomorf s.nw. | xenomorfe | (wetenskapsfiksie) (in verskeie rolprente) ’n parasitiese boaardse wese wat ’n gedaanteverwisseling ondergaan. | ENGELS: Alien | Xenomorph | Internecivus raptus
KYK OOK: gesigsuier, borsbreker


xhorro ww. | het gexhorro | (Khoi, informeel) Ook (meer korrek) !xhorro gesels: Awê, masekinnes! Is Dinsdag, ja! Ek gaan nou so bietjie xhorro op RSG met Amore Bekker! Die wat kan, tune in! (Lyntjie Jaars, Facebook, 23 Junie 2020).