Bygewerk op 21 Februarie 2021
Redakteur: Jana Luther

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, nuwe betekenisse, nuwe uitdrukkings, asook oues wat dalk elders in die slag gebly het – hier bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

Klik hier vir die lewende woordeboek, wat deurlopend aangevul word:


Indeks | A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z | 1 | 2 | 3 | 4 | 5

v.C. afk. (skertsend) Ook v.c. voor covid(-19): die lewe v.C.

vader s.nw. | vaders | vadertjie |
UITDRUKKING(S):
’n vader wat vaders grootmaak ’n man wat vir sy seuns en ander mans ’n goeie voorbeeld stel: (Heino du Plessis, Facebook, 3 Mei 2020).


vadoek s.nw. | vadoeke | vadoekie | | ENGELS: dishcloth
UITDRUKKING(S):
die hond hardloop met die vadoek weg (informeel) gesê wanneer ’n broek tussen die boude intrek: (Bianca Farao, Kuier, 15 Mei 2019).


valsgatheid s.nw. [geen meervoud] (informeel) Ook (sleng) valsgatgeit geveinsdheid; huigelary; skynheiligheid: En watter valsgatgeit van ’n koerant wat ’n ander kritiseer omdat dit eerste oor ’n saak van groot nasionale belang geskryf het (Brolloks & Bittergal, Vrye Weekblad, 26 April 2019). | ENGELS: dishonesty | hypocrisy

vanielje= woorddeel Ook vanilla= gewoon; standaard; oninteressant: Vervelige, voorspelbare en vanielje-skryfwerk is die doodskoot vir die loopbaan van enige rubriekskrywer (Vrye Weekblad, 23 Desember 2020).

vanilla= woorddeel (uit Engels) Ook vanielje= gewoon; standaard; oninteressant: Jy kan ’n vanilla-mening gee wat eintlik na niks smaak nie en nice is na alle kante toe. Of jy kan ’n sterk mening gee. Dit het maar baie met ’n ou se persoonlikheid ook te doen en ek is nie skaam om te sê wat ek dink nie (Theo Venter, Netwerk24, 20 November 2020). vanillaseks.

varkoor s.nw. | varkore | varkoortjie | oor van ’n vark   | blom  
UITDRUKKING(S):
varkoor gooi jou ore spits; fyn (af)luister: Eendag gooi sy varkoor en hoor hoe Mamma vertel (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 5 Julie 2019). Êrens uit my kindertydse dae van varkoor gooi, hoor ek flardes fluistergesprekke van my ma en haar broers (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 2 Augustus 2019).


vasmang ww. mang vas | het vasgemang | vasvang: (lekties, figuurlik) It sal ’n fout wies om te sê Boeta NP is nette man van sy tyd en sy wêk bly vasgemang dee daai tyd (Jeremy Vearey, N.P. van Wyk Louw-gedenklesing, 18 Junie 2020).
OORSPRONG:
mang s.nw. tronk; ww. tronkstraf uitdien


vatvyf s.nw. | vatvyfs, vatvywe | twee hande wat in die lug teen mekaar klap wanneer iemand sy/haar hand in die lug hou vir (’n) ander om aan te raak, as groet, of as gebaar van goedkeuring of gelukwensing: Wongani groet sy klasmaats met onder meer ’n handdruk, ’n vatvyf of ’n drukkie voordat hulle by die klaskamer ingaan (Roshé Taka, Netwerk24, 12 Maart 2019). | SINONIEM(E): palmplak | Engels: high five
KYK OOK: vyf, palmplak


veeltaakverrigting s.nw. [geen meervoud] multitaakverrigting

vegan s.nw., b.nw. (Engels) veganis, veganisties

veganis s.nw. | veganiste | persoon wat geen vleis eet nie en ook geen ander produk wat van enige dier afkomstig is, eet of gebruik nie: Baie veganiste sal nie eers heuning eet nie … en ook nie ’n leerhandsak besit nie (Salomé Delport, rooi rose, 3 Augustus 2018). ’n Veganis se dieet is beslis lekkerder as net vervelige slaaie (Lydia van der Merwe, Sarie, 25 Maart 2019). | ENGELS: vegan
samestellings:
veganisrestaurant, veganisrestourant | veganis-vriendelik: Johannesburgse restaurante het dikwels veganis-vriendelike opsies (Lydia van der Merwe, Sarie, 25 Maart 2019).

KYK OOK: veganisme, veganisties


veganisme s.nw. [geen meervoud] lewenswyse gekenmerk deur die strewe om alle produkte wat van diere verkry word, te vermy: Volgens kenners is veganisme een van die belangrikste kostendense van die afgelope jaar (sowel as die jaar wat voorlê) en word selfs die wynbedryf aangeraai om hieraan gehoor te gee en op die vegan-waentjie te spring (Samantha van den Berg, Netwerk24, 20 Februarie 2019).
KYK OOK: veganis, veganisties


veganisties b.nw., bw. | veganistiese | wat geen vleis of enige ander produk wat van enige dier afkomstig is, eet, gebruik of bevat nie: ’n veganistiese dieet veganistiese toebroodjies veganistiese aktiviste Jy kan besluit presies hoe sterk jy jou kerrie wil hê en daar is veganistiese, banting- en neutvrye opsies (Johané Neilson, tuis, 15 April 2019). | ENGELS: vegan
KYK OOK: veganis, veganisme


veksilologie s.nw. [geen meervoud] kennis/studie van vlae | SINONIEM(E): vlagkunde | ENGELS: vexilology
samestellings:
veksilologiekongres: In Augustus 1993 woon hy ’n veksilologiekongres in Switserland by (Jan Horn, Vrye Weekblad, 13 September 2019 ).


veld-a-a s.nw. [enkelvoud en meervoud] (informeel) ontlasting van diere en/of mense in die of op ’n stuk veld: Terwyl hy hopies veld-a-a probeer mistrap, sê L. … (Afrikaans.com). | ENGELS: dropping

venaan s.nw. [geen meervoud] (lekties) vanaand: Ek gan aaire by Lameez se hys slaap venaan (Chase Rhys, Kinnes, 2018). | ENGELS: tonight | this evening

vensterperiode s.nw. | vensterperiodes | (uit Engels) kort periode as die enigste beskikbare tyd waarin iets kan/moet gebeur: Dit was die eerste van slegs enkele goeie vensterperiodes vir klim dié jaar (Erika Gibson, Vrye Weekblad, 31 Mei 2019). As jy die eerste keer vir die toets gaan en die uitslag is negatief, is dit voordelig om drie maande later weer vir ’n toets te gaan. Dit word die sogenaamde vensterperiode genoem. Dit word sterk aanbeveel om nie in die vensterperiode rond te slaap nie en net by jou partner te bly (Son Digitaal, 7 Desember 2015 ). | ENGELS: window period

veranderie sametrekking ie

verby bw., voorsetsel
hou verby
1
gaan/loop/ry verby ...: Hier’s verskeie afdraaipaadjies na nog rivierpoele toe, maar ons hou verby (Weg, Maart 2017). Ry af in die hoofstraat, draai links in Parkstraat, hou verby die skouterrein (Weg, Julie 2016). | ENGELS: go past

2
Ook (skertsend) hou verby, José bly (liewer) (daar/daarvan) weg: Die kampplek lyk soos ’n vergete grenspos: vaal en sonder skaduwee. As jy ooit ’n vakansie hier beplan, hou verby (Weg, 16 Julie 2020). Hou verby! Moenie swem op plekke waar jy trekstrome raaksien nie – en swem daar waar daar menseredders is (Weg, Januarie 2017). As iets nie pluis voel nie, hou verby (Kuier, 30 November 2016). Die toilet (het) twee mure, ’n kralegordyntjie en ’n mooi uitsig oor die Knysnabos. Hou verby as jou fiemiesfaktor groter is as jou liefde vir die natuur (Weg, Maart 2015).
| ENGELS: stay away


verdedigend b.nw. | verdedigende |
verdedigende argitektuur
argitektuur


vergelykend b.nw. | vergelykende |
vergelykende taalkunde vertakking van historiese linguistiek wat fokus op die metodologie om ooreenkomste en verskille tussen tale te bestudeer. | ENGELS: comparative linguistics


verkeersligkind s.nw. (informeel) kind wat by rooi verkeersligte bedel: Om naderhand verby die … smekende oogkontak van ’n verkeersligkind te kan kyk (Hendrick Hanke, Rapport, 7 Julie 2019). | ENGELS: traffic-light child

verkinderlik ww. | het verkinderlik | infantiliseer

verskilkontrak s.nw. | verskilkontrakte | reëling wat in ’n termynkontrak getref word waarvolgens vereffeningsverskille deur middel van kontantbetalings gedoen word, eerder as deur die lewering van fisieke goedere of sekuriteite: ’n Verskilkontrak is ’n verhandelbare kontrak tussen ’n kliënt en ’n makelaar wat die verskil in die huidige waarde van ’n aandeel, geldeenheid, kommoditeit of indeks en sy waarde aan die einde van die kontrak verruil. Dit is gewoonlik ’n makliker vereffeningsmetode omdat verliese sowel as winste in kontant betaal word (Finweek, 26 Januarie 2017). | ENGELS: contract for difference | CFD

versnitleer s.nw. leer :1

verspreiding s.nw. [gewoonlik enkelvoud]
beheerste verspreiding Ook gekontroleerde verspreiding (t.o.v. ’n infeksiesiekte) verspreiding van ’n infeksiesiekte wat in bedwang gehou word deur beleid en maatreëls van die geheel van persone en liggame wat in of namens 'n staat gesag uitoefen, soos om te probeer voorkom dat hospitale oorvol raak en dat gesondheidswerkers oorlaai word, in ’n poging om gaandeweg groepsimmuniteit onder die bevolking te laat ontwikkel | ENGELS: controlled spread


vertel ww. | het vertel |
laat ek nou vir jou ’n ding vertel wat nie twee is nie ... laat ek jou nou reguit vertel hoe sake staan.


vertrouenspersoon s.nw. | vertrouenspersone | (juridies) | ENGELS: fiduciary
OORSPRONG:
Uit Latyn fiducia, afgelei van fidere “vertroue”; Engels: confidence, trust


vertrouensplig s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (juridies) vertrouenspersoon

vervlegte leer woordgroep leer :1

verwoestyning s.nw. [geen meervoud] proses wat tot gevolg het dat ’n eens niewoestynagtige gebied (soos) ’n woestyn word: Hy het ook meer as 10 miljoen bome laat aanplant om verwoestyning te stuit (Max du Preez, Vrye Weekblad, 17 Mei 2019 ). | ENGELS: desertification

veselinternet s.nw. [geen meervoud] toegang tot breëbandinternet deur middel van ’n optieseveselkabel: Een van die grootste kopkrappers vir baie mense wat veselinternet wil kry, is om uit te werk wat die verskil tussen die veselverskaffer en die veselnetwerk is aangesien dit meestal twee verskillende maatskappye is (Petrus Malherbe, Netwerk24, 17 Januarie 2018). | ENGELS: fibre Internet
samestellings:
veselinternetpakket


veselnetwerk s.nw. | veselnetwerke | (rekenaar)
1
netwerk wat deur middel van optieseveselkabels aan rekenaar-, tablet- en selfoongebruikers toegang tot breëbandinternet bied: Internetdiensverskaffers maak gebruik van interaktiewe kaarte op hul webtuiste waarop belangstellendes kan gaan kyk of hul huis of omgewing al toegang tot die veselnetwerk het (Petrus Malherbe, Netwerk24, 17 Januarie 2018).

2
diensverskaffer wat die optieseveselkabels van ’n veselnetwerk installeer en/of in stand hou. | ENGELS: fibre network

KYK OOK: veselverskaffer


veselverskaffer s.nw. | veselverskaffers | (rekenaar, informeel) internetdiensverskaffer wat aan gebruikers breëbandinternettoegang bied via optieseveselkabels. | ENGELS: fibre provider
KYK OOK: veselnetwerk


vesin b.nw. (lekties) dwaas; gek; laf; verspot; van lotjie getik; van jou wysie af: Is djy vesin in djou kop, FW? (Bettina Wyngaard, LitNet, 18 Februarie 2020). Die goed is vesin! (@SoliPhilander, Twitter, 19 Junie 2019). Djy's lekke vesin! (@ReinardLudick, Twitter, 25 Junie 2012 ).

4G afk., s.nw. [gewoonlik enkelvoud] vierde generasie | ENGELS: fourth generation | 4G
4G-dekking internasionale standaard vir koordlose/mobiele toestelle.

4G-tegnologie Ook vierdegenerasietegnologie vierde generasie digitale toestelle waarmee oproepe gemaak, teksboodskappe gestuur en teen 20 tot 50 megabisse per sekonde (mbps) op die internet rondgeswerf kan word; vierdegenerasietegnologie.


Vierde Nywerheidsrevolusie woordgroep nywerheidsrevolusie

vingerafdruktegnologie s.nw. [gewoonlik enkelvoud] tegniek waarby ’n ingeboude sensor die afdruk van ’n vinger, geplaas op ’n skakelaar, as herkenningsmiddel gebruik om 'n apparaat te ontsluit, 'n deur te laat oopgaan, en so meer | ENGELS: fingerprint technology
KYK OOK: gesigherkenningstegnologie, biometrie


viool s.nw. | viole | viooltjie | (informeel) musiekinstrument   | ENGELS: violin
UITDRUKKING(S):
iemand soos ’n viool speel iemand in ’n hoë mate laat glo wat jy sê en/of laat doen wat jy wil hê, gewoonlik sonder dat die persoon dit agterkom; iemand om jou pinkie draai; iemand na jou pype laat dans: Hulle het […] die nasionale diskoers oorheers en die media soos ’n viool gespeel (Max du Preez, Vrye Weekblad, 12 Julie 2019).


viraal b.nw. | virale |
1
van, wat verband hou met, of wat veroorsaak word deur ’n virus: [Die geskiedenisprofessor] sê die geskiedenis van pandemies wys dat as dit eers verskyn, dit selde heeltemal verdwyn – of dit bakteries, viraal of parasities van aard is (Netwerk24, 22 Oktober 2020). Die verskille tussen die ou en die nuwe virus sluit 23 mutasies in die virus se genetiese kode in wat vier virale proteïene verander het (David Kennedy, Netwerk24, 24 Desember 2020). | ENGELS: viral
virale lading hoeveelheid meetbare virusse in ’n standaardvolume van ’n stof, gewoonlik bloed of plasma: Ouer kinders se virale lading is hoër (Rapport, 13 Desember 2020 ). Sodra die bevolkinggrootte binne die opvangsgebied van die [afloopwaterbehandelings]aanleg bepaal is, kan die totale virale lading bereken word met ’n taamlike mate van noukeurigheid (Gerrit Bezuidenhout, Landbouweekblad, 10 Julie 2020). | ENGELS: viral load

2
(uit Engels) wat vinnig en wyd versprei of gewild raak, veral deur middel van sosiale media: Die virale twee minute word binne die eerste 24 uur 1,3 miljoen keer gekyk (Willem Anker, Skepsel, 2020). | ENGELS: viral


virtueel b.nw. | virtuele |
virtuele private netwerk [afkorting: VPN] Ook virtuele privaat netwerk veilige verbinding met ’n ander netwerk via die internet.


virusangs s.nw. [geen meervoud] angs om met ’n virus besmet te word. | SINONIEM(E): virusvrees | ENGELS: virus fear

virusstad s.nw. | virusstede | stad waarin ’n virus tot ’n epidemie lei wat vanuit dié stad oor die land (en moontlik wêreld) heen versprei, soos die Chinese stad Wuhan in 2020: SA-gesin sê virusstad is spookdorp (Son, 30 Januarie 2020 ). | ENGELS: virus city

virusvetjies s.nw. (informeel, skertsend) gewig wat iemand aansit tydens ’n periode van inperking gedurende die koronapandemie, omdat hy/sy in dié tyd meer as gewoonlik eet en/of minder oefening kry: Hy het my gezump oor my virusvetjies (Netwerk24, 13 Mei 2020). | ENGELS: corona flab
OORSPRONG:
Uit Engels zoom + dump


virusvrees s.nw. | virusvrese | vrees om met ’n virus besmet te word. | SINONIEM(E): virusangs | ENGELS: virus fear

vishing s.nw. [geen meervoud] (Engels, rekenaar) situasie waarin ’n bedrieër, tydens ’n foonoproep/ens., hom/haar as ’n amptenaar van bank of ander diensverskaffer voordoen met die doel om van niksvermoedende slagoffers vertroulike inligting, soos aanmeldbesonderhede/PIN-nommers/ens., te probeer bekom: Kuberkrakers het meer gesofistikeerd geword en ofskoon uitvissingsboodskappe (phishing, vishing en smishing) ’n konstante bedreiging bly, is daar deesdae fyner uitgewerkte metodes om individue en ondernemings se finansiële inligting te bekom (Amanda Visser, Finweek, 22 Januarie 2021). | SINONIEM(E): stemuitvissing
KYK OOK: uitvissingsboodskap

OORSPRONG:
Uit Engels: voice + phishing.


vista s.nw. | vistas | (mooi) uitsig: Vanuit die strak wit ruimte van die kerk word die oog voortgevoer, deur ’n portaal waar ’n tweede dubbeldeur oopstaan, en dan deur ’n portiek of arkade met suile oor ’n plein of binnehof na ’n verre muur met ’n rondeboogdeur wat die vista afsluit (Karel Schoeman, Stamland: ’n reis deur Nederland, 1999). Hoewel die oogmerk hangplek vir ’n menigte kunswerke is, bied noukeurig geplaasde vensters vistas op die kampus en plantegroei buite wat ’n mens deurgaans anker ten opsigte van plek en tyd (Johan Myburg, Vrye Weekblad, 14 Junie 2019). | ENGELS: vista

VK afk. (informeel, skertsend) voor korona: VK was die ordentlike manier om die persoon van aangesig tot aangesig te ontmoet (Erla-Mari Diedericks, Netwerk24, 13 Mei 2020). | TEENOOR: NK | ENGELS: before corona | BC
KYK OOK: NK, AD


vlak bw.
UITDRUKKING(S):
vlak kyk of vlak blaai onderskat: Die boeke speel in Australië af. Hierdie land wat soms vlak geblaai word, het al ’n Nobelpryswenner in letterkunde opgelewer (Deborah Steinmair, Skrop). Moenie Bloemfontein en sy mense vlak kyk en onderskat nie (Jean Oosthuizen, Facebook, 7 Julie 2019). Moenie Pretoria vlak blaai wanneer dit kom by dinge om te doen nie! (Michèle Meyer, Vrye Weekblad, 20 Desember 2019). Ek het eers gedink Piet sou teëskop, hy’s mos ’n boekmens, maar mens moet hom nie vlak kyk nie (George Weideman, Draaijakkals, 1999). | ENGELS: underestimate


vleis s.nw. | vleise |
gekweekte vleis vleis wat (met die oog op kommersiële en voedingsdoeleindes) kunsmatig in ’n laboratorium of fabriek uit stamselle van diere gekweek word – teenoor natuurlike vleis van diere wat geslag word: Gekweekte vleis is lekker, sê Kanadese navorsers (Landbouweekblad, 12 Februarie 2020 – opskrif). Elk van die velle lewende selle is so dik soos ’n gewone vel papier wat jy in jou drukker sou gebruik. Dit word eers gekweek en dan op groeiplate saam gekonsentreer voordat dit afgeskil en een ná die ander op mekaar gepak word. Die velle bind natuurlik aan mekaar voordat die selle doodgaan [...] “Verstellings kan aan die vetinhoud van enige ‘vleissnit’ gemaak word, wat ’n voordeel is bo ander bestaande metodes van vleiskweking” (Engela Duvenhage, Landbouweekblad, 12 Februarie 2021). | SINONIEM(E): kweekvleis | laboratoriumvleis | in vitro-vleis | ENGELS: cultured meat
KYK OOK: vleiskweking


vleiskweking s.nw. [geen meervoud] kunsmatige kweking (= produsering) van vleis uit stamselle van diere in ’n laboratorium of fabriek – teenoor natuurlike vleis van diere wat geslag word: Grootskaalse navorsings- en ontwikkelingsinisiatiewe word aangepak om proteïenalternatiewe op ’n volhoubare en bekostigbare manier aan verbruikers te verskaf. Dit sluit onder meer in vleiskweking van ’n enkelsel in ’n gekontroleerde omgewing sonder om die dier van kant te maak (Nadia van der Colff, Landbouweekblad, 28 Januarie 2021).
KYK OOK: kweekvleis


vlerksleeptoepassing s.nw. | vlerksleeptoepassings | rekenaartoepassing wat mense gebruik om pasmaats te ontmoet met die oog op ’n romantiese verhouding: Nog op soek na daardie perfekte pasmaat vir Valentynsdag? Die eerste Afrikaanse vlerksleeptoepassing [...] het onlangs die 10 000-gebruikerstal verbygesteek (Afrikaans.com, 4 Februarie 2021). | SINONIEM(E): afspraaktoepassing | pasmaat-app | ENGELS: dating app

vlieërplankry s.nw. [geen meervoud] (sport) watersportsoort waarin ’n deelnemer op ’n kleinerige branderplank staan en hom/haar oor die water laat trek deur ’n spesiale soort waterbestande vlieër wat met lug gevul word sodat dit kan dryf en maklik weer styg: Vlieërplankry as sport en moontlike troonopvolger vir seilplankry blyk gewild te wees op Kaapse strande (Le Roux Schoeman, Die Burger, 10 Julie 2006). | ENGELS: kiteboarding
afleiding(s):
vlieërplankryer | Engels: kiteboarder


vliegplaas s.nw. | vliegplase | aanleg waar daar vir die vervaardiging van proteïenmeel, en vir die verkryging van larwemis, wat as bemesting gebruik word, met vlieglarwes geboer word: Die wêreld se eerste kommersiële vliegplaas behoort teen die middel van aanstaande maand in die Moederstad in bedryf te wees (Malherbe Nienaber, Netwerk24, 26 Mei 2015). | SINONIEM(E): larweplaas | ENGELS: fly farm | larvae farm

vliegskaam b.nw. [attr. en pred.] skaam/verleë omdat jy per vliegtuig reis en daardeur (deur die uitlaatgasse van die vliegtuig) tot die besoedeling van die atmosfeer bydra. | ENGELS: flight shame
samestellings:
vliegskaamte: Geen wonder mense voel al hoe meer skaam oor die klimaatimpak van hul vlugte nie. Die Swede het selfs ’n woord daarvoor: flygskam (Pieter Botha, Vrye Weekblad, 13 Maart 2020). Dis ironies dat Covid-19 toegeslaan het in dieselfde jaar dat die Sweedse aktivis Greta Thunberg die konsep flygskam gewild gemaak het: ’n skaamte om te vlieg, gebore uit die enorme impak wat die lugpassasiersbedryf op die omgewing het. In lande soos Swede en Duitsland (flugscham) waar die omgewingsbeweging sterk is, het dié konsep meegehelp dat mense alternatiewe vir veral streeksvlugte begin soek het (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 15 Mei 2020).


vloe s.nw. | vloere | (lekties) vloer: Innie aane het hy soema sy kombêse en sy kussings gan hal, dan lê hy oppie koue vloe (Chase Rhys, Kinnes, 2018). | ENGELS: floor

vloekbrood s.nw. | vloekbrode | vloekbroodjies | (kookkuns, skertsend) streepmuis

voetesleep s.nw. [geen meervoud] (figuurlik, informeel) Ook (soms) gevoetesleep traagheid om iets te doen: Nou moet die parlement regtig hulle gat in rat begin kry om die ondersoek […] aan die gang te kry. Die gevoetesleep is waarskynlik die gevolg van vrees dat dit die parlementêre koukus gaan laat skeur (Max du Preez, Vrye Weekblad, 13 Maart 2020). Die landbou sal dit as ’n bedryf moet duidelik maak aan die regering en sy leiers dat die tyd vir voetesleep en ontkennings oor dinge soos plaasmoorde verby is (Landbouweekblad, 16 Augustus 2019). Foute is oor geslagte heen gemaak ten opsigte van grond, insluitend die voetesleep die laaste paar dekades met broodnodige grondhervorming (Dawie Jacobs, Beeld, 11 September 2018). ’n Samelewing waar haatmisdaad […] moontlik is. Dis die prys wat ons betaal vir die gevoetesleep met oneindige ondersoeke na homoseksualiteit, kerkregtelike verknorsings waarin ons toegespin is en ’n gebrek aan die uitvoering van besluite (Laurie Gaum, Netwerk24, 25 Junie 2016). | ENGELS: feet-dragging

voetgroet s.nw. | voetgroete | groet waarby twee mense hulle voete teen mekaar bring: Die minister en die president gee mekaar die voetgroet. | SINONIEM(E): Wuhangroet | ENGELS: foot(-to-foot) greeting





voetnek s.nw. | voetnekke | (lekties) enkel: Die nuwe tekkies wat Hennerik vir haar by PEP gekoop het, skaaf rou om haar voetnekke (Lize Albertyn-du Toit, Die kinders van Spookwerwe, 2019). | ENGELS: ankle

volksonomie s.nw. [sametrekking van: volkstaksonomie] [geen meervoud] (sosiale media) die kies en gebruik van dieselfde hutsmerketiket(te) by plasings oor dieselfde onderwerp(e) op Facebook, Twitter, ens.; deur na dié etikette te soek of daarop te klik, kan gebruikers van die sosiale media dan vinnig en maklik al die gemerkte plasings vind in verband met die tema(s) waarin hulle spesifiek belangstel, byvoorbeeld: #Afrikaans #Springbokke #ThrowbackThursday #FeesMustFall

voormens s.nw. | voormense | [gewoonlik meervoud] lid van die/jou voorgeslag: My voormense was van die eerste wynmakers in die Kolonie, u sien (Jeanette Ferreira, Bloedlelie, 2019). My voormense het hier in dié koppe geloop en ek loop hulle spore. Dis derjare al onse houplek dié. Ons rokies maak dunstraal oral uit dié koppe uit (Betsie van Niekerk, Gamkab, 1996). Ek het dit die eerste by my oumagoed gehoor, en sy het gesê dit kom van háár oumagoed af, en so aan en so terug tot by die voormense en die voor-voormense (George Weideman, Die donker melk van daeraad, 1994). En die laaste Boesmankunstenaar wat met verfpotjies aan sy lyfband hier in die Zuurveld soos ’n hond doodgeskiet is ... Hy’s ’n voormens; merk hom in jul gedagtes (Etienne van Heerden, Die stoetmeester, 1993). | SINONIEM(E): voorouer | ENGELS: ancestor

voormense s.nw. [meervoud] voormens

voufoon s.nw. | voufone | voufoontjie | Ook voubare (sel)foon/slimfoon selfoon wat soos ’n boek toegemaak kan word met ’n skerm wat in die helfte vou: [Die vervaardiger het] sy voufoon se skarniere en meganismes met ’n robotarm getoets deur dit herhaaldelik oop en toe te vou (Petrus Malherbe, Netwerk24, 10 Mei 2019). Die onafwendbare het gebeur. Eers was daar voubare slimfone, en nou [is] die wêreld se eerste voubare skootrekenaar bekend gestel (Petrus Malherbe, Netwerk24, 14 Mei 2019). | ENGELS: foldable phone

vourekenaar s.nw. | vourekenaars | vourekenaartjie | Ook voubare rekenaar, voubare skootrekenaar rekenaar wat soos ’n boek toegemaak kan word met ’n skerm wat in die helfte vou. | ENGELS: foldable laptop

voutablet s.nw. | voutablette | voutabletjie | Ook voubare tablet tablet wat soos ’n boek toegemaak kan word met ’n skerm wat in die helfte vou. | ENGELS: foldable tablet

VPN afk. (internet) virtuele private netwerk; virtuele privaat netwerk: Vir meeste toestelle kan jy deesdae met ’n virtuele private netwerk (VPN) op die internet werk. Dit bied jou ’n veilige verbinding met ’n ander netwerk via die internet (Werner Wippenaar, Netwerk24, 18 Februarie 2021). | ENGELS: virtual private network | VPN

vredesmaan s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (SA maankalender) naam van die eerste volmaan in Augustus. | ENGELS: peace moon
Vredesmaand Augustus.

 LEES MEER  



vroeëkinderjare-onderwys s.nw. [geen meervoud] ontwikkeling van die klein kind: ’n kwalifikasie in vroeëkinderjare-onderwys. | SINONIEM(E): kleinkindonderwys | ENGELS: early childhood education

Let wel
Dit kan betekenisgewys nie “vroeëkinderonderwys” wees nie, want in die Afrikaanse woordvormingstesel kan dít slegs een ding beteken, nl. die onderwys van vroeë kind(ers), wat dit duidelik nie is nie, of dit moet “vroeë kinderonderwys” wees, maar dan verplaas ’n mens die klem na “vroeë onderwys”. Dis nie “early education in childhood” nie, dis “education in early childhood”. – Tom McLachlan


vroeëkinderjare-ontwikkeling s.nw. [geen meervoud] ontwikkeling van die klein kind: ’n kwalifikasie in vroeëkinderjare-ontwikkeling. | SINONIEM(E): kleinkindontwikkeling | ENGELS: early childhood development

Let wel
Dit kan betekenisgewys nie “vroeëkinderontwikkeling” wees nie, want in die Afrikaanse woordvormingstesel kan dít slegs een ding beteken, nl. die ontwikkeling van vroeë kind(ers), wat dit duidelik nie is nie, of dit moet “vroeë kinderontwikkeling” wees, maar dan verplaas ’n mens die klem na “vroeë ontwikkeling”. Dis nie “early development in childhood” nie, dis “development in early childhood”. – Tom McLachlan


vroetelvark s.nw. | vroetelvarke | (neerhalend) persoon wat ander seksueel betas. | SINONIEM(E): vroetelmaniak | ENGELS: fondler | molester

vrug s.nw. | vrugte | vruggie |
UITDRUKKING(S):
aan die vrug(te) ken ’n mens die boom dit wat iemand doen, wys wie hy/sy werklik is.


vrugte s.nw. [meervoud] vrug

Vrydag s.nw. | Vrydae |
Swart Vrydag In Amerika die Vrydag waarop die Kersinkopieseisoen tradisioneel begin, ná Dankseggingsdag, wat tradisioneel op die laaste Donderdag van November gevier word; vandag in talle lande, ook in Suid-Afrika, die Vrydag waarop groot winkels groot uitverkopings hou en op van hulle ware afslag aanbied wat duisende klante lok: Swart Vrydag, Kubermaandag en die komende Kerstyd is verbruikers én diewe se droom (Riana de Lange, Rapport, 1 Desember 2019). Terwyl die verkeer in winkels ’n belangrike aanduider bly, vind baie van die verkope tydens Dankseggingsdag en Swart Vrydag nou aanlyn plaas (Netwerk24, 29 November 2019). Toe die horlosie middernag slaan, het Swart Vrydag met ’n knal by van die land se groot kettingwinkels begin (Beeld, 24 November 2018). Teen 08:30 is R87 miljoen se verkope by die aanlyn winkel aangeteken en daarmee is die totaal al oorskry wat verlede jaar op Swart Vrydag aangeteken (Beeld, 24 November 2018). | ENGELS: Black Friday

KYK OOK: Kubermaandag

OORSPRONG:
Na die wins wat winkeleienaars op dié dag maak sodat hulle daarna nie langer “in die rooi” (in die skuld) is nie, maar “in die swart” (uit die skuld).

samestellings:
Swart Vrydag-koors | Swart Vrydag-inkopies | Swart Vrydag-stormloop | Swart Vrydag-uitverkoping


vuur s.nw. | vure |
UITDRUKKING(S):
vure met ’n olielap slaan vrede probeer bewerkstellig, maar sake net vererger en/of self in die spervuur beland: (Heino du Plessis, Facebook, 3 Mei 2020).


vuurpylwetenskap s.nw. [geen meervoud] (uit Engels, figuurlik) besonder groot/moeilike probleem/uitdaging: Om pasiënte se simptome te behandel, is […] nie vuurpylwetenskap nie, sê T. (Netwerk24, 13 Maart 2020). Die insiggewende insigte waartoe die [party] op die lekgotla van sy nasionale uitvoerende komitee gekom het, is nie vuurpylwetenskap nie, maar hopelik vir die bewindsparty tog wel ’n deurbraak (Netwerk24, 22 Januarie 2020). Enige land se skoolstelsel is verantwoordelik om burgers toe te rus met basiese wiskundige vaardighede – nie vuurpylwetenskap nie, net vaardighede om in die vryemark te oorleef deur basiese somme te maak (Danie Brink, Rapport, 14 Januarie 2018). | ENGELS: rocket science

vuurstorm s.nw. | vuurstorms | (meteorologie) intense, vernietigende vuur, waarin sterk lugstrome uit die omringende omgewing na die vlamme aangetrek word, sodat dit nog hewiger brand: Die brande in Australië is só wild en warm dat dit op plekke hul eie weer skep. Dit staan bekend as pirokonveksie. Omdat die brand soveel hitte, wind en momentum opbou, ontstaan ’n vuurstorm (Elsabé Brits, Netwerk24, 13 Januarie 2020). Die mensdom het selde vantevore nog brande soos dié gesien, maar ons weet dat verterende vure al minstens een keer vantevore tot massauitwissings en die omvorming van lewe op aarde gelei het – toe die asteroïed die aarde getref het wat tot die ondergang van dinosourusse en dodelike vuurstorms wêreldwyd gelei het (Mike Lee, Netwerk24, 8 Januarie 2020). Die geweld van sulke vuurstorms is onbeskryflik en ’n mens kan jou net probeer indink watter vrees en verskrikking die inwoners van die kusdorpe waar dit matelose vernietiging nagelaat het, moes ervaar het (Eikestadnuus, 21 Januarie 2019).
(veral) vernietigende brand wat volg op ’n kern- of brandbomaanval, wat ’n kragtige stygwind opwek wat lug uit die omringende omgewing insuig.(ook figuurlik): Die Europese integrasie kom neer op ’n pasifikasieproses wat in die vuurstorm van twee allesverwoestende wêreldoorloë ’n bittere noodsaaklikheid was (Leopold Scholtz, Netwerk24, 7 Maart 2019). | ENGELS: firestorm


vuurwolk s.nw. | vuurwolke | pirocumulus

VVV1 afk. | VVV’s | veel voorkomende vraag. | ENGELS: frequently asked question | FAQ

VVV2 afk. | VVV’s | (skertsend) vreemde vervloë voorwerp: Noudat elke Jan Rap en sy maat ’n selfoon besit, word ’n telefoonhokkie – of ’n tiekieboks, soos die oumense dit genoem het – voorwaar so skaars soos ’n wit perd. Weldra sal dit ’n wit olifant wees, in museums bewaar saam met ander VVV’s (Vreemde Vervloë Voorwerpe) soos tikmasjiene en kassetspelers (Sarie, Junie 2015).

vyandige argitektuur woordgroep argitektuur

vyeblaar s.nw. | vyeblare | [gewoonlik enkelvoud] (figuurlik) iets waaragter daar geskuil (kan) word, of wat gebruik (kan) word om verleentheid te vermy: Die kwessies van grondhervorming, moedertaalonderrig en die beskerming van “kultuur” (die vyeblaar waaragter ras skuil) het baie Afrikaanssprekendes en grondeienaars laat kragte meet met mense wat toegang tot grond wil hê (Ismail Lagardien, Vrye Weekblad, 31 Mei 2019). Dit sal die beste manier wees om die Nasionale Ontwikkelings­plan (NOP) […] te omskep van die politieke vyeblaar en hersenskim wat dit […] geword het, tot ’n haalbare opsie (Jan-Jan Joubert, Rapport, 20 Mei 2018). Ná heelwat geheen-en-weer het die voorsitter van die beraad […] ’n vyeblaar vir Trump in die slotverklaring voorgestel: ’n Verwysing dat internasionale handel “billik” moet wees (Leopold Scholtz, Netwerk24, 12 Julie 2017). | ENGELS: fig leaf
OORSPRONG:
Na die mite van die mens se sondeval waar die eerste mense hul naaktheid met vyeblare probeer bedek.


vyf telw., s.nw. syfer, getal  
UITDRUKKING(S):
vat vyf
1
gesê deur iemand wat sy/haar hand in die lug hou of uitsteek vir ander ’n persoon om daarteen te klap of dit te skud, veral as gebaar van goedkeuring of gelukwensing: Vat vyf, ou maat! (Rapport, 17 Maart 2019). A.G., vat vyf. Jy is reg. (Netwerk24, 13 Maart 2019). | SINONIEM(E): plak ’n palm | Engels: give me a high five | let me shake your hand vatvyf

2
(uit Engels) gesê deur iemand om die begin van ’n kort pouse (= die begin van ’n blaaskans van sowat vyf minute) aan te dui | Engels: take five


5G afk., s.nw. [gewoonlik enkelvoud] vyfde generasie: Die koms van 5G bring daarmee saam ’n massiewe sprong vorentoe [vir koordlose/mobiele toestelle] (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 15 November 2019). | ENGELS: fifth generation | 5G
5G-dekking | Ook 5G-internetdekking internasionale standaard vir koordlose/mobiele toestelle en datanetwerke: Die datadiensverskaffer … het vandeesweek aangekondig dat die 5G-dekking wat hy sedert September op ’n proefgrondslag aan uitgesoekte kliënte gebied het, nou aan enigeen beskikbaar is (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 15 November 2019 ).

5G-tegnologie Ook vyfdegenerasietegnologie vyfde generasie draadlose slimtoestelle wat data teen ’n spoed van tot 100 gigabisse per sekonde kan op- en aflaai – dit is tot honderd keer vinniger as toestelle van die vorige generasie.

samestellings:
5G-kol |
5G-netwerk
: Die inligting is blitsvinnig oor ’n spesiale 5G-netwerk gestuur wat spesiaal vir die geleentheid opgestel is (Petrus Malherbe, Netwerk24, 8 Julie 2019).