Indeks | A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z | 1 | 2 | 3 | 4 | 5


dagga s.nw. [gewoonlik enkelvoud] die plant Cannabis sativa: Een van die vele dinge wat dagga reggekry het, is om die taal op die paal te sit. Dit staan onder meer bekend as dwaalbos, boom, aaptwak, giggelgras, papegaaislaai, omkykskyf, elektriese spinasie, rondkyktwak en zol. ’n Mens kry ook nie net een soort nie – daar is klipdagga, perdedagga, makdagga, malkopdagga, rooipootjie, perdedagga, rookdagga, stranddagga, knopdagga, velddagga en koppiesdagga. Selfs die naam van ’n Afrikaanse dame is al ingespan om die kruid te benoem: die groenoognooi Marie-Johanna van der Schijff. (Marie-Johanna is afgelei van “marijuana” en Van der Schijff van “skyf”.) (Theunis Engelbrecht / Heinz Mödler, Rapport, 12 Januarie 2020 ). | SINONIEM(E): aaptwak | bhang | boom | duiwelasem | dwaalbos | ganja | ghonnaghoet | ghwa | ghwaai | giggelgras | gras | groenvoer | haasgras | hoendervoet | (Zoeloe) insangu | kannabis | (tronktaal) magalies | Marie-Johanna van der Schijff | omkyktwak | papegaaislaai | pot | rooibaard | ENGELS: cannabis | dagga | marijuana
samestellings:
daggakafee: Deesdae skiet daggakafees met ellelange lyste produkte vir die fynproewer oral in Johannesburg op (Jessica Pitchford, Vrye Weekblad, 10 Mei 2019).

 LUISTER



daggakoekie s.nw. | daggakoekies | koekie met dagga as bestanddeel: Kinders geskors oor daggakoekies by skool (Netwerk24, 3 Augustus 2019). | SINONIEM(E): zolkoekie | ENGELS: cannabis biscuit | dagga cookie

daikon s.nw. | daikons | (Japannees, botanie, kookkuns) lang, wit ramenas/ramnas (Raphanus sativus), inheems in Oos-Asië. | SINONIEM(E): witradys | winterradys | Chinese/Japanse radys

dala ww. | het gedala | (lekties)
1
doen: Ons kan nie wag vir die regering om in te spring nie. Om weer ’n Kaapse uitdrukking te gebruik: Ons moet self dala. Dit beteken ons moet self inspring en doen wat gedoen moet word (Bettina Wyngaard, DF Malherbe-gedenklesing, LitNet, 22 Mei 2018). “Boss wiet mos daai Frans is missing in action, maar ek gaan een ding met hom dala as hy sy voete hie sit my Larney,” sê Gevaarlik (Murphy Roberts, Verlore ster, WeskusNuus, 12 November 2019).
dala wat jy moet doen die regte ding: Ek wil vir kinders en mense wys dat jy die meeste van die tyd dinge vir jouself moet doen omdat niemand dit vir jou gaan doen nie. Met Dala (doen) Wat Jy Moet wil ek sê: Neem jou toekoms in jou eie hande (Irshaad Ally, Huisgenoot, 14 Junie 2018 ).

2
tyd deurbring (met iets); vertoef: Die waarheid groei nie in net my of jou gedagtes ie, it groei daa waa ôs saam dala oppie mirrelgrond (Jeremy Veary, N.P. van Wyk Louw-gedenklesing, 2020).

3
baklei, veg: Hy dala nou soos ’n wille dier, hy kan nie nou deur ’n skelm moegoe wit bene gemaak word nie (Abraham Phillips, Die hart van ’n ma, 2013). ’n Outjie wat sê hy is ’n 28, vertel: “Ons kannie ons broers laat piemp nie. Toe up ons en dala die ding sommer daar waar die kamp van holland is!” (Son, 15 Februarie 2018).





dalgona s.nw. [geen meervoud] (Koreaans) heuningkoekagtige, sponsagtige toffie van bruinsuiker, stroop en bakpoeier: Dalgonakoffie kry sy naam van dalgona, die heuningkoektoffie uit Suid-Korea, aangesien die koffiemengsel baie soos dié lekker lyk (Sarie, 31 Maart 2020). | ENGELS: dalgona | cinder toffee | hokey pokey | honeycomb toffee | sponge toffee
KYK OOK: dalgonakoffie


dalgonakoffie s.nw. [gewoonlik enkelvoud, ook met koppelteken] koue melkdrankie met ’n soet, fluweelgladde laag koffieskuim bo-op: ’n Nuwe tendens in die koffiewêreld het sosiale media behoorlik op hol: Geklopte koffie, beter bekend as dalgona-koffie (Sarie, 31 Maart 2020). Dalgonakoffie word gemaak deur gelyke dele kitskoffie, suiker en warm water saam te klits totdat die mengsel punte vorm en romerig is. Skep een of twee lepels van die koffiemengsel bo-op die melk en siedaar, jou dalgona-koffie is gereed (Sarie, 31 Maart 2020). | ENGELS: dalgona coffee

damp
ww. | het gedamp | Ook damprook | het gedamprook | die dampe van ’n damptoestel of elektroniese sigaret (e-sigaret) inasem en uitblaas; ’n e-sigaret rook: Dit word gerook, gesnuif en gekou. Nou ook gedamp (minderheidsverslag.co.za, 20 September 2016). | ENGELS: vape

s.nw. [geen meervoud] die rook van ’n e-sigaret; inaseming van die dampe afgegee deur ’n damptoestel: vir mense soos ek wat vir jare letterlik gebid het om ’n wyse te vind om op te hou rook sonder dat hulle deur ’n lewende hel gaan. Die antwoord is damp (houoprook.wordpress.com, 31 Mei 2017). | ENGELS: vaping

samestellings:
damproker | damptoestel | dampvloeistof

afleiding(s):
damper: Soos enige damper (“vaper”) jou sal vertel … (houoprook.wordpress.com, 31 Mei 2017). Die meerderheid dampers het soos ek nog nooit weer aan ’n sigaret gevat nie (houoprook.wordpress.com, 31 Mei 2017). | dampery

KYK OOK: dampstokkie


damppen s.nw. | damppenne | dampstokkie


damprook
s.nw. [geen meervoud] dampe van ’n damptoestel of damppen. | ENGELS: vapour

ww. | het gedamprook | [soms verkort tot: damp] die dampe van ’n damptoestel of -stokkie (diep) inasem, in kringe uitblaas, en so meer. | ENGELS: vape

samestellings:
damprooktoestel

afleiding(s):
damproker

KYK OOK: damp


dampstokkie s.nw. | dampstokkies | [verkleinwoord] Ook damppen | damppenne |
1
elektroniese sigaret; e-sigaret | Engels: electronic cigarette | e-cigarette

2
elektroniese daggasigaret/pyp: Vir nie-rokers is daar toffies, suiglekkers, geurige gebak en dampstokkies, en vir die kombuis is daar daggabotter (Jessica Pitchford, Vrye Weekblad, 10 Mei 2019). | Engels: vape pen

KYK OOK: damp


databondel s.nw. | databondels | hoeveelheid data waarvoor ’n gebruiker vooraf betaal om die internet te kan gebruik: Jy koop ’n databondel vir byvoorbeeld 30 dae, maar wanneer dié tyd verstryk, verbeur jy vanaf 1 Maart 2019 nie meer alle data wat jy nie gebruik het nie (Colin Hendricks, Huisgenoot, 7 Maart 2019). | ENGELS: data bundle

deelekonomie s.nw. [geen meervoud] sosio-ekonomiese stelsel waarin deel en kollektiewe verbruik – gesamentlike skepping, produksie, verspreiding, handel en verbruik van goedere en dienste – sentraal staan, dikwels met inligtingstegnologie as katalisator: Konsepte soos die deelekonomie en skarefinansiering kan help om kommersieel volhoubare kleinboere en landbou-entrepreneurs te ontwikkel (Netwerk24, 13 Julie 2018). Die deelekonomie het die wêreld, én Suid-Afrika, soos ’n warrelwind getref in die vorm van nuwe ondernemings wat die internet gebruik om kliënte en diensverskaffers bymekaar uit te bring vir transaksies in die regte wêreld (Finweek, 1 Maart 2018). Die deelekonomie met dienste soos Uber en Airbnb is diep gewortel in die wêreld van studente (Elvira Wood, Beeld, 14 Januarie 2017). | ENGELS: sharing economy | collaborative economy | collaborative consumption | on-demand economy | peer-to-peer economy | platform economy

defensiewe argitektuur woordgroep argitektuur

dekonstrueer ww. | het gedekonstrueer |
1
(iets) ontleed/herlei/terugvoer tot die dele waaruit dit oorspronklik geskep/saamgestel is en dié (bestand)dele dan opnuut interpreteer en saamvoeg: Plan drie is om iets te doen wat elke Afrikaanse skrywer wat sy sout verdien, in elk geval doen – en dis om nie net te sit en die Engels te verwerk nie, maar terug te gaan na die oorspronklike strategie vir die advertensie, om te begryp wat die werklike doel van die konsep was in plaas van om jou blind te staar teen die Engels. Jy dekonstrueer die advertensie tot by sy basiese elemente en begin weer van voor af bou, al is jy gebind aan gegewe illustrasiemateriaal (Afrikaans vandag, kwartaalblad van die Stigting vir Afrikaans, Februarie 1997). [Willie Bester se] landskappe het saam met tydgenote soos Jane Alexander, David Koloane, Sam Nhlengethwa, Penny Siopis en Alfred Thoba die koloniale blik gedekonstrueer en as aanklag gedien teen die politieke vergrype gedurende apartheid (Henk Serfontein, Vrye Weekblad, 14 Junie 2019). Iets wat egter vir my al hoe meer voorkom by moderne kookkuns is ’n oorkompensasie van kosslenters, wat veroorsaak dat die bestanddele soms tweede viool speel vir foefies en truuks. Styl en voorlegging word amper belangriker geag as geur en smaak. Die integriteit van die bestanddele gaan verlore. Vars bestanddele word so gereduseer en gedekonstrueer dat die eindproduk eintlik maar net ’n skadu is van die oorspronklike bestanddeel (Carla Lewis, Netwerk24, 10 Junie 2017). Niks ontgaan [Alexander Strachan] se alsiende oog nie. Dwaalpoort dekonstrueer groot temas – van eienaarskap, bewaring, plaasonteiening, grondhervorming en oeroue natuurkragte tot die politiek van verhoudings en die einde van ’n politieke era (Hannelie Booyens, Huisgenoot).

2
(teks) ontleed deur ’n proses van dekonstruksie te volg. | ENGELS: deconstruct

KYK OOK: dekonstruksie


dekonstruksie s.nw. [geen meervoud] benadering/poging om die betekenis van iets, veral van ’n (literêre) teks, vas te stel deur die verband te (onder)soek tussen wat daar geskryf staan en die werklike betekenis daarvan, wat na bewering omtrent nooit heeltemal ooreenstem met dit wat die skrywer by die skryf daarvan in gedagte gehad het nie: Dekonstruksie – meer as enige benadering tot lees – beklemtoon dat elke manier van lees of verstaan ’n reeks teoretiese aannames voorveronderstel. Selfs ’n soort “natuurlike” of “intuïtiewe” metode is op ’n groot hoeveelheid voorveronderstellinge gebaseer (Literêre terme en teorieë). | ENGELS: deconstruction
samestellings:
dekonstruksiekritiek

KYK OOK: dekonstrueer


deksametasoon s.nw. [geen meervoud] (farmakologie, geneeskunde) kortikosteroïed wat as sterk antiinflammatoriese middel en vir die behandeling van outo-immuunsiektes mondelings of binneaars toegedien kan word: Die goeie nuus is dat navorsers aan die Universiteit van Oxford onlangs bevind het dat deksametasoon sterftes verminder in ’n derde van pasiënte op ventilators en ’n vyfde van dié wat suurstof nodig het (Willemien Brümmer, Netwerk24, 26 Junie 2019). Die Suid-Afrikaanse farmaseutiese maatskappy […] sê sy plaaslike vervaardigingsvermoë is groot genoeg om aan ’n verwagte vraag na die steroïed deksametasoon se spuitstof te voorsien (Netwerk24, 23 Junie 2020). | ENGELS: dexamethasone

Denisovamens s.nw. | Denisovamense | Ook Denisovan | Denisovans | subspesie van die argaïese Homo sapiens, ’n variëteit van die geslag Homo, met uitsluiting van die moderne mens self, wat tussen 100 000 en 200 000 jaar gelede geleef het: Danksy inligting uit DNS kon kenners onlangs vir die mense bekend as die Denisovans ’n gesig gee, net soos hulle vroeër dié antieke spesie net deur middel van genetika kon beskryf (Elsabé Brits, Netwerk24, 28 September 2019).
OORSPRONG:
Genoem na Denis, ’n Russiese kluisenaar wat in die 18de eeu in die grot in Siberië gewoon het, waar oorblyfsels van dié spesie in 2012 ontdek is.


depro (Engels, sleng)
s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (toestand van) depressie; terneergedruktheid; neerslagtigheid: Vergeet daarvan; dit sal jou, soos my kinders sê, permanent in ’n depro sit (Johan van Wyk, Die Burger, 7 September 2019). Ek kan my voorstel dat ’n hele klompie mense […] in ’n diepe depro verval het en saggies by hulself geprewel het: “Hoekom het ons nie daaraan gedink nie?” (Die Burger, 27 Julie 2017).

b.nw. [attr. en pred.] depressief; neerslagtig; terneergedruk: Drie maande gelede is ek geopereer en daarna was ek so bietjie depro (Johannes B. de Villiers, Facebook, 19 November 2019). Die gebeure rondom my verjaardag het daartoe gelei dat ek elke Augustus maar ’n rustige, depro verjaardag gehad het (Magda Swarts, Beeld, 23 Augustus 2017). Koos sit ewe depro in die bar (Son, 7 Augustus 2019).

KYK OOK: gemoedsbekakking


deradikaliseer of deradikaliseer ww. | het gederadikaliseer | minder radikaal maak; stroop van radikale idees, doelwitte of elemente; ontradikaliseer: Die laaste opsie is dat die regering die vroue en kinders toelaat om terug te keer en dan in intervensieprogramme probeer deradikaliseer (Jasmine Opperman, Vrye Weekblad, 7 Februarie 2020). Die slegte nuus is dat die kans om iemand te deradikaliseer baie skraal is (Nielen de Klerk, Netwerk24, 17 April 2015). | ENGELS: deradicalise
samestellings:
deradikaliseringsprogram: K. was in deradikaliseringsprogramme in die tronk en ook in 'n rehabilitasieprogram toe hy die aanval uitgevoer het (Jasmine Opperman, Vrye Weekblad, 7 Februarie 2020).

afleiding(s):
deradikalisering: Deradikalisering is omstrede en duur. Programme in ander lande het gemengde welslae en in Engeland veral heers 'n hewige debat daaroor (Jasmine Opperman, Vrye Weekblad, 7 Februarie 2020).


dermsakkie s.nw. | dermsakkies | (medies, informeel) sakkie geheg aan ’n kunsmatige opening (= stoma) in die derm wat deur ’n operasie (kolostomie of ileostomie) in die buikwand aangebring is: Wanneer ’n pasiënt ’n kolostomie- of ileostomie-operasie kry, word die punt van die derm deur ’n opening in die abdomen gebring. Dit word ’n stoma genoem. ’n Stoma of dermsakkie dien as ’n uitlaatklep vir faeces uit die liggaam deur die opening in die abdomen, wat die rektum omlei en in ’n sakkie gedreineer word (Rowena Hendricks, Kuier, 7 Oktober 2015). | SINONIEM(E): stomasakkie | kolostomiesakkie

dêrra s.nw. | dêrras | (informeel, lekties) Ook dêrrie pa; pappie; pappa: Die dêrra van die twee meisies … is gearresteer op ’n klag van kinderverwaarlosing (Son, 15 Junie 2018). Oupa Vearey, of Dêrra soos ons hom genoem het, was ’n veteraan van die Tweede Wêreldoorlog (Jeremy Vearey, Jeremy van die Elsies, 2018). Ek het ’n paar stylvolle celeb-dêrras gaan soek wat gereeld wys hoe trots hulle daarop is om pa te wees en hoe lief hulle vir hul kinders is (Son, 21 Junie 2018 ). Pa, of te wel Dêrrie soos ek hom aangespreek het, het my leer vuis slaan, mes steek en byl kap (Jeremy Vearey, thedialecticalcop.blogspot, Februarie 2017).

dêrrie s.nw. | dêrries | (informeel, lekties) dêrra

deugdwang s.nw. sosiale druk wat op iemand uitgeoefen word, of wat iemand ervaar, om sy/haar optrede en denke oor sosiale kwessies by die heersende mening aan te pas ten einde nie sosiaal uitgesluit of veroordeel te word nie.
KYK OOK: uitsluitkultuur


deugpronker s.nw. | deugpronkers | (neerhalend) iemand wat met sy/haar deugde te koop loop. | SINONIEM(E): deugsinjaleerder | ENGELS: virtue signaller
KYK OOK: deugpronkery


deugpronkery s.nw. [geen meervoud] (neerhalend) Ook deugpronking die te koop loop met en uitbasuin van eie deugde en morele waardes. | SINONIEM(E): deugsinjalering | ENGELS: virtue signalling

deugsinjalering s.nw. [geen meervoud] (neerhalend) uitwysing en beklemtoning van eie goeie kwaliteite, hoedanighede en morele waardes | SINONIEM(E): deugpronkery | deugpronking | ENGELS: virtue signalling

dhal s.nw. [geen meervoud] (Indies, kookkuns) Indiese kerrie met lensies as hoofbestanddeel. | SINONIEM(E): lensiekerrie | ENGELS: dahl

dhoe’r s.nw. [ook met hoofletter] (Islam) thoer

DiCaprio-kewer s.nw. | DiCaprio-kewers | (entomologie) soort waterkewer (Grouvellinus leonardodicaprioi) van Borneo.
OORSPRONG:
Genoem na die akteur Leonardo DiCaprio uit erkenning vir sy bydrae tot omgewingsbewaring.


diep b.nw. | dieper | die diepste |
diep web web


diepdekkingsagent s.nw. | diepdekkingsagente | iemand wat in die geheim iets doen terwyl hy/sy voorgee dat hy/sy iemand anders is: Enigiemand kan moontlik ’n diepdekkingsagent, of knocker (iemand wat jou met ’n slap riem wil vang) wees en almal is op hul pasoppens (Hein Eksteen, Vrye Weekblad, 3 Januarie 2020). | ENGELS: under-cover agent

digikon akr. | digikons | digitale konferensie.

digitaal b.nw. | digitale | waarby ’n stelsel betrokke is wat data elektronies bewaar.
digitale boorling iemand wat tot die generasie behoort van mense wat grootgeword het in die era waar tegnologie alomteenwoordig is: Ons bevind ons in koloniale Suid-Afrika, apartheid-Suid-Afrika, demokratiese Suid-Afrika, of as digitale boorlinge van die globale digisfeer: Hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde (Lizette Rabe, Netwerk24, 3 Mei 2018). Dit is die era van die ontgogelde digitale boorling en alle bronne is skaars. Die gevolg is dat die skeiding tussen ryk en arm meer skreiend is as ooit vantevore (Netwerk24, 28 September 2015). Speletjies word reeds deur groot maatskappye soos Deloitte en die Wharton-sakeskool gebruik om sekere vaardighede te leer. Vir jong mense kom dit natuurlik omdat hulle digitale boorlinge is (Netwerk24, 4 Junie 2015). | ENGELS: digital native

digitale bron versameling gegewens wat digitaal vasgelê is en digitaal bewaar word: Om ’n digitale bron te kan gebruik, is ’n apparaat nodig wat die digitale gewens, wat gewoonlik in die vorm van syfers, gewoonlik kombinasies van ene en nulle, bewaar word, na taal en beeldmateriaal kan omskakel/vertaal. Hierdie woordeboek is ’n digitale bron. Kandidate kan ook na hulpbronne soek op die WKOD se e-portaal, wat skakels na digitale bronne vir alle grade insluit (Standard, 26 Februarie 2018). | ENGELS: digital source

digitale etiket omgangsvorme en beleefdheidsreëls wat in die digitale wêreld – op die internet, in die sosiale media, en so meer – geld: Digitale etiket gaan daarom dat ’n mens ook in die digitale wêreld met gebruike in die samelewing en ander se gevoelens rekening moet hou. Vaardighede van ’n goeie persoonlike assistent: … Verstaan digitale etiket (Elvira Wood, Netwerk24, 17 Februarie 2016). | ENGELS: digital etiquette

digitale ekonomie die invloed van nuwe tegnologieë, nuwe loopbane en nuwe vorme van samewerking op die arbeidsmark en samelewing van die toekoms: Ná die eerste twee werksessies by die beraad het Merkel die media vlugtig oor handel en die digitale ekonomie toegespreek (Netwerk25, 28 Junie 2019). | ENGELS: digital economy

digitale geesteswetenskappe [afkorting: DG] studies waarin elemente van rekenaar- en geesteswetenskap saamgevoeg word: [Digitale geesteswetenskappe is] ’n begrip wat vroeg in die een-en-twintigste eeu ontstaan het om ʼn klomp nieverbandhoudende strategieë en benaderings bymekaar te bring te midde van die toenemende digitale transformasie van die alledaagse lewe en werk van geesteswetenskaplikes. Algemene voorbeelde [van DG] is kunsmatige intelligensie […]. Taalstudies waarin korpora deur middel van sagteware of rekenaarkode ingesamel en verwerk word, is ook voorbeelde (Benito Trollip, SADiLaR, 30 Januarie 2020). | ENGELS: digital humanities | DH

digitale geldeenheid Ook digitale geld, elektroniese geld, elektroniese geldeenheid geldeenheid wat in digitale vorm beskikbaar is (nie in banknote en munte nie) en wat deur middel van gedesentraliseerde tegnologie en met minimale tariewe, ook sonder die tussenkoms van ’n bank of sentrale owerheid, veilige betalings oor grense heen moontlik maak: Beleggers kan nou ook ripple koop en verkoop op […] Suid-Afrika se grootste verhandelingsplatform vir digitale geldeenhede (Petrus Malherbe, Netwerk24, 25 Februarie 2020). kriptogeldeenheid | ENGELS: digital currency

digitale identiteit al die gegewens omtrent ’n persoon wat permanent aanlyn beskikbaar is: Sulke nalatigheid is ’n risiko vir hulle en hul digitale identiteit (Niel Joubert, Netwerk24, 12 November 2013). | ENGELS: digital identity

digitale immigrant iemand wat tot die generasie behoort van mense wat nie in die tyd van inligtingstegnologie grootgeword het nie, maar eers as volwassenes met digitale aparate en stelsels leer werk het | ENGELS: digital immigrant

digitale kurering Ook digitale kurasie keuse, bewaring, instandhouding, versameling en argivering van digitale inligting, bronne en bates: Willem Boshoff se argief is ’n unieke voorbeeld van eksperimentele en konseptuele argivering én verbeeldingryke digitale kurering wat, hoewel uiters sistematies van opset, ook alternatief, kreatief, oop, speels, informatief, performatief, kunstig en sensories is (Josef van Wyk, Suzanne de Villiers-Human, Dirk van den Berg, LitNet Akademies, 12 Mei 2015). In 'n kort tyd het sy verskeie outentieke bronne ontleed, hul standpunt bepaal en hulle met haar eie menings gesintetiseer. Sy het toe begin werk om haar idees aan haar klasmaats voor te stel as 'n aanlyn versameling, eerder as 'n klein museumuitstalling. Dit is digitale kurering wat reg gedoen word: studente werk op 'n sinvolle manier met outentieke materiaal; vind, analiseer en organiseer om nuwe betekenis daar te stel uit die baie materiaal wat aanlyn beskikbaar is (ISTE Blog, 23 Mei 2017). | ENGELS: digital curation

digitale tegnologie tegnologie waarby ’n prosesseerder/verwerker gebruik word wat op grond van ingevoerde gewens en volgens ’n program ’n aantal logiese handelinge/bewerkinge kan verrig met ’n bepaalde uitvoer tot gevolg.: Aandeelhouers is besorg dat die [myn]bedryf nie vinnig genoeg nuwe en digitale tegnologie aanvaar nie (Riana de Lange, Rapport, 9 Junie 2019). | ENGELS: digital technology

digitale veiligheid ingeligtheid omtrent (en die vermoë om versigtig om te gaan met) digitale privaatheids- en beveilingsaspekte, veral met betrekking tot persoonlike en finansiële gegewens: Kinders kan hul weg na internetuitmuntendheid oopspeel met Interland, 'n aanlyn avontuur wat die kernlesse van digitale veiligheid met vier uitdagende speletjies prakties uitvoerbaar maak (Google-veiligheidsentrum). | ENGELS: digital safety


digitaliseer ww. | het digitaliseer |
1
gebruik van optiese karakterlesers, ens., om optiese karakters in geskandeerde dokumente, foto’s, en dies meer, te herken en beeldlêers (jpeg, tiff, pdf, ens.) na gewone, deursoekbare, manipuleerbare teks(dokumente) om te skakel.

2
bedryfsaktiwiteite, -funksies, -prosesse, en so meer, moontlik maak, verbeter en/of transformeer deur digitale tegnologieë (beter) aan te wend en gedigitaliseerde data te omskep tot bruikbare kennis met spesifieke voordele; digitale transformasie. | ENGELS: digitalise, digitalize


digitalisering s.nw. [geen meervoud]
1
omskakeling van optiese karakters en beeldlêers (gedigitiseerde/geskandeerde dokumente en foto’s in jpeg-, tiff-, pdf-formaat, en so meer) na gewone, deursoekbare, manipuleerbare teks.

2
bemoontliking, verbetering en/of transformering van bedryfsaktiwiteite, -funksies, -prosesse, en so meer, deur digitale tegnologieë (beter) te benut en gedigitaliseerde data te omskep tot bruikbare kennis met spesifieke voordele; digitale transformasie.: Digitalisering het omvangryke en drasties verbeterde nuwe maniere meegebring om inligting vas te lê en oor te dra, sonder die verlies aan gehalte wat met analoogstelsels die geval was (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 30 November 2019). | ENGELS: digitalisation, digitalization
KYK OOK: digitaliseer


digitiseer s.nw., ww. | het gedigitiseer | na ’n digitale formaat omskakel: Volgens dr. Adri Breed … is daar verskeie nasionale en internasionale instansies wat tans om verskeie redes Afrikaanse materiaal (byvoorbeeld taal- en letterkundige werke, kultuurhistoriese materiaal, akademiese naslaanwerke en argiefmateriaal) digitiseer (Afrikaans.com, 22 September 2017). Die Wes-Kaapse Argief neem saam met die Nasionale Argief in Pretoria die voortou in die Suid-Afrikaanse argiefwese deur dokumentreekse en kaartversamelings volgens internasionale argiefbeleid tans met die beste toerusting te digitiseer (Helena Liebenberg, Tydskrif vir Geesteswetenskappe 58 (2), Junie 2018). | ENGELS: digitise, digitize

digitisering s.nw. [geen meervoud] omskakeling van teks of beeld (byvoorbeeld ’n boek, klankopname of videoband) na ’n digitale formaat deur fotografering of skandering | ENGELS: digitisation, digitization
KYK OOK: digitiseer


dingemalêrie s.nw. | dingemalêries | dingemalêrietjie | (informeel) woord in informele geselstaal soms gebruik om te verwys na iets wat nog nie ’n naam het nie, waarvan die spreker die naam nie ken nie, of waarvan hy/sy die naam vergeet het.
KYK OOK: megafter


dinges s.nw. | dinges(s)e | dinges(s)ie | (informeel) woord in informele geselstaal soms gebruik om te verwys na iets wat nog nie ’n naam het nie, waarvan die spreker die naam nie ken nie, of waarvan hy/sy die naam vergeet het.
KYK OOK: megafter


diogenessindroom s.nw. [soms verkort tot: diogenes] [geen meervoud, ook met hoofletter] (psigiatrie en psigoanalise) Ook sindroom van Diogenes sindroom wat gekenmerk word deur onder meer stelselmatige selfverwaarlosing en verontagsaming van higiëne, obsessief-kompulsiewe gedrag, versameldrange en agterdog: Diogenes-sindroom verwys […] na ’n toestand waar ouer mense hulleself afsonder en verwaarloos, in smerige huishoudings woon, apaties is en kompulsief goed opgaar. Aggressie, koppigheid, buierigheid, agterdog en ’n wanpersepsie van die werklikheid is meestal teenwoordig en mense wat aan dié sindroom ly, is dikwels hoogs intelligent (Vrye Weekblad, 6 Desember 2019). | ENGELS: Diogenes syndrome | senile squalor syndrome
OORSPRONG:
Genoem na die Ou Griekse wysgeer Diogenes van Sinope, een van die grondleggers van die Sinisme


disfemisme s.nw. | disfemismes | gebruik van ’n ruwe/skertsende/onaangename/afstootlike woord of uitdrukking in die plek van ’n akkurater/aangenamer benaming of beskrywing van ’n begrip.

distansiëringsuitrusting s.nw. | distansiëringsuitrustings | iets wat iemand aantrek of dra as hulpmiddel om ’n gesonde afstand tussen hom/haar en ander mense te bewaar, veral as poging om die verspreiding van ’n infeksiesiekte te voorkom: Tydens [’n sessie] het ’n gesprek oor “distansiëringsuitrustings” wye draaie geloop – van die “propeller”-hoede wat laerskoolkinders in China gemaak het om maats op ’n afstand te hou tot die hoepelrokke waarmee vroue in Victoriaanse tye mans op hulle plek gehou het, maar wat hulle waarskynlik ook teen aansteeklike siektes beskerm het (Annelize Visser, Vrye Weekblad, 22 Mei 2020).

djas (lekties)
b.nw. verspot; laf; van lotjie getik: Is julle dan nou djas? (@Grondwerk, Twitter, 16 Januarie 2020). Sy kan onthou C. het verby haar gehardloop nadat hy die eerste skoot tussen haar bene deur afgevuur het. “Ek het nog geskrik. Toe sê ek vir hom: Jy, is jy djas?” (Son, 24 Oktober 2019).

s.nw. [gewoonlik enkelvoud] nikswerd; ellendeling: (John G.H. Rosant, Weslander, 28 Junie 2018).


djits s.nw. (uit Engels, lekties) regter: Ek lies nourie annedag djits Desai se uitspraak in hai saak van 2006 oorie briewe tussen N.P. van Wyk Louw en sy broer W.E.G. (Jeremy Vearey, N.P. van Wyk Louw-gedenklesing, 18 Junie 2020). Die ergste van hierdie demokrasie is dat hoeggeleerde djitse en magistrate klou aan hulle wette soes snot aan ’n handdoek, al lyk die wet hoe verkeerd te wies (Nathan Trantraal).

DM afk., s.nw. [Engels: direct message] direkte/regstreekse boodskap: EK word wakker met ’n DM op Instagram (Gielie Hoffmann, Vrye Weekblad, 21 Junie 2019).

DNA afk. (Engels) DNS

DNS afk. [afkorting van: deoksiribonukleïensuur]
1
stof in liggaamselle  

2
(figuurlik) aard; geaardheid; kern; wese: Suid-Afrika se nasionale DNS is nie die probleem nie. ’n Dekade van staatskaping en korrupsie en voortgesette swak bestuur op al drie regeringsvlakke is wel (Max du Preez, Vrye Weekblad, 20 Desember 2019). Oorlewing is in die teater se DNS vasgevang en is vandag nog ’n voorbeeld van hoe gewone mense se filantropie ’n noodsaaklike kultuurinstansie aan die lewe kan hou (Melvyn Minnaar, Vrye Weekblad, 7 Junie 2019). ’n Lekker ry-ervaring, lae brandstofverbruik en gesofistikeerde verfyning – dis alles in die DNS van die [motorvervaardiger] se nuwe vlagskipmodel in Suid-Afrika (Netwerk24). | ENGELS: DNA


dodemars s.nw. | dodemarse |
UITDRUKKING(S):
die dodemars op elke troue wees die een wees wat altyd ’n demper op die vrolikheid plaas: (Heino du Plessis, Facebook, 3 Mei 2020).


doekebraai s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (informeel) geselligheid waarby vleis gebraai word, deur vriende gereël vir ’n man wat by sy lewensmaat ’n baba verwek het: Viljoen […] het ongenooid by die ooievaarspartytjie, asook ’n doekebraai wat vir die mans gehou is, opgedaag. (Marietie Louw-Carstens, Netwerk24, 30 Maart 2019). | ENGELS: all-male stork party

dofie s.nw. | dofies | (informeel, weermagtaal) een van ’n paar oorklappe, gebruik om die ore teen harde geluide te beskerm: Dit kan beslis nie meer inmeng as die “dofies” of oorklappe wat reeds in gebruik is om soldate se ore te beskerm teen knalskade nie (Erika Gibson, Vrye Weekblad, 28 Junie 2019). | ENGELS: ear protector

dololo vnw. (sleng) niks: Hier by ons is daar baie retoriek, maar kom dit by werklike alternatiewe is daar dololo. Net mooi niks (Rapport, 25 Augustus 2019). Ek en my pa (wat ná ’n hartaanval sewe jaar gelede van 60 sigarette per dag na dololo afgeskaal het) gesels Paasnaweek oor hoe intens ons rook mis én hoe ons terselfdertyd blêddie dankbaar is dat ons kon ophou (Almari Wessels, Huisgenoot, 10 September 2019 ). Eendag, sê ek nou die dag in ’n lesing via WhatsApp vir die studente, eendag gaan ek nog ’n verhaal skryf oor my en die minister van twak en twakverwante sake. Nie oor ’n entjie of ’n zol of dololo rookbolle nie, nee. Dit gaan ’n storie wees oor seks (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 22 Mei 2020). | ENGELS: nothing | zilch

domino s.nw. | domino’s |
UITDRUKKING(S):
die domino’s val dinge loop skeef; die moeilikheid begin; die einde breek aan: En toe sy haar belangrikste teenstander […] uitstof, het die domino’s begin val (Max du Preez, Vrye Weekblad, 25 Oktober 2019).


döner kebab woordgroep (Turks, kookkuns) Ook doner kebab kebab

dongel s.nw. | dongels | (uit Engels, rekenaar, informeel) stukkie toerusting, gewoonlik in die vorm van ’n datastokkie, wat aan ’n rekenaar gekoppel moet word om ’n sekere program en/of die internet te kan gebruik: Werkers wat vanaf hul huis werk, is glo diegene wat as ’n hoë risiko beskou word en diegene met onderliggende siektes. Hulle het dongels gekry om te kan werk (Netwerk24, 1 Julie 2020). Ek het onlangs weer ’n onopgeloste probleem met ’n Telkom-data­dongel ondervind (V.W. Groepe, Netwerk24, 13 November 2017). Die peiling het gegaan oor 3G- en LTE (ook bekend as 4G)-gebruikers wat toegang tot die internet kry deur dongels, roeteerders of deur 3G/LTE-tablette (Netwerk24, 14 Mei 2015). | ENGELS: dongle

donker b.nw. | donker | donkerder | die donkerste |
donker kombuis donkerkombuis

donker modus modus

donker web web


donkerkombuis s.nw. | donkerkombuise | restaurantkombuis (sonder restaurant), waar bestellings via die internet of telefonies ontvang word en geregte uitsluitlik vir aflewering elders, aan mense by hulle huise of kantore, berei word: Die eerste donkerkombuis het minder as drie jaar gelede in Londen ontstaan; teen 2019 was daar volgens The Guardian minstens 70 en die konsep groei steeds fluks in dié start-up milieu (Annelize Visser, Vrye Weekblad, 10 Januarie 2020). | SINONIEM(E): spookkombuis | wolkkombuis | ENGELS: dark kitchen | ghost kitchen | cloud kitchen

donkernet | donkernette | (rekenaar, internet) Ook donker net
1
netwerk wat geënkripteerde data van anonieme gebruikers via verskeie bedieners stuur, waarby elke bediener ’n “laag” van die kode ontsyfer totdat die eindbestemming bereik word: [’n Groot gedeelte] van die donker web bestaan uit sogenaamde donkernette wat wissel van klein netwerke wat onderling tussen individue bedryf word, tot by groter netwerke […] Verreweg die gewildste hiervan is die Tor-netwerk, wat ook as onionland bekendstaan omdat dit anonimiteit moontlik maak deur ’n tegniek bekend as onioning oftewel onion routing (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 17 Julie 2020). | ENGELS: darknet

2
donker web web

KYK OOK: net


dooddoula s.nw. | dooddoulas | persoon wat ’n sterwende voor en tydens die dood bystaan, en dikwels ook aan die sterwende se naasbestaande(s) hulp verleen: Bystand van ’n dooddoula kan gerusstellend wees waar die dood teenwoordig is. Afhangende van die omstandighede, en die vlak van vertroue wat bestaan, kan ’n dooddoula ’n gesin take help verrig wat tipies aan begrafnisondernemers oorgelaat word, soos om die liggaam van die oorledene te was en te klee. | SINONIEM(E): sterwensbegeleier | ENGELS: death doula
KYK OOK: doula


dopmaatskappy s.nw. | dopmaatskappye | dopmaatskappytjie |
1
maatskappy wat op die oog af soos ’n gewone onderneming lyk, maar wat in werklikheid bloot geld ontvang en dit (wettig of onwettig) bestuur: Die eienaarskap van ’n dopmaatskappy kan maklik oorgedra word deur toonderaandele en -effekte te gebruik waarvan die eienaarskap behoort aan die persoon wat die fisieke aandeelsertifikaat het (Finweek, 14 April 2016). In een geval is ’n ketting van vier dopmaatskappye op drie vastelande binne ’n skamele 24 uur gestig. Die geld wat gedeponeer is, is so te sê onopspoorbaar (Huisgenoot, 21 April 2016).

2
’n onaktiewe maatskappy wat behou word om in die toekoms moontlik vir iets anders te gebruik. | SINONIEM(E): briewebusmaatskappy | ENGELS: shell company


dotcom s.nw. | dotcoms | (uit Engels) Ook dotcom-maatskappy | dotcom-maatskappye | dotcom-maatskappytjie | maatskappy wat uitsluitlik op die internet sake doen: Die jong tegnologie-entrepreneur het sy eerste dotcom-maatskappy vir miljoene dollar verkoop. Landbouweekblad se kortbroek-nefie, Agri24, kan besoekers verras. Dit is ’n dotcom-maatskappy, in boeretaal ’n virtuele eenstopwinkel, wat spesifiek vir die landbou ontwikkel is. Haas enige landbouproduk, -diens en -inligting word daarop aangebied en kan gekoop word (Jan Bezuidenhout, Landbouweekblad, 20 Oktober 2000). | ENGELS: dot-com company | dotcom

doula s.nw. | doulas | (Grieks) ervare, kundige persoon, gewoonlik ’n vrou, wat voor en tydens die geboorte van ’n baba aan die moeder praktiese en emosionele ondersteuning bied, ter aanvulling van mediese sorg: My rolle as ma en aktrise hou my voltyds besig, maar as opgeleide doula [iemand wat leiding gee tydens geboorte] skryf ek nou ’n boek om vroue te help (Quinne Brown Huffman, Sarie, 23 April 2019 ). ’n Doula is iemand sonder mediese opleiding wat paartjies bystaan met inligting, asook emosionele en fisieke ondersteuning gedurende swangerskap, geboorte en in die belangrike tydperk ná die geboorte (Weslander, 8 April 2019). | SINONIEM(E): geboorteafrigter | swangerskapsafrigter | ENGELS: doula
OORSPRONG:
Uit Ou Grieks doúlē dienende vrou, vrou in diens van ander vroue

KYK OOK: dooddoula


DOV afk., s.nw. | DOV’s | direkteur van openbare vervolging. | ENGELS: director of public prosecution | DPP

draad s.nw. | drade |
UITDRUKKING(S):
iemand se drade lê slap iemand is moeg: Hennerik [...] staan op en strek sy rug. “Nou is ek moeg. My drade lê slap.” (Lize Albertyn-du Toit, Die kinders van Spookwerwe, 2019).


draaikebab woordgroep (Turks, kookkuns) kebab

draakvrug s.nw. | draakvrugte | draakvruggie | (botanie, kookkuns) vrug van verskeie kaktussoorte (genus Hylocereus), inheems in Suid- en Sentraal-Amerika, met ’n leeragtige, blaarskubbige perspienk skil en soet wit (soms pienkerige) vleis vol swart pitjies: Wanneer dit by vrugte kom, probeer verskillende vrugte wat dalk ’n bietjie meer eksoties is as net appels en piesangs – gee vla-appels, Oosterse pere en pitaja (draakvrug) ’n kans (Lila Bruk, Netwerk24, 13 Mei 2015). Van sy klante is megaboerderye, soos die Al3 Boerdery in Limpopo wat vanjaar sy eerste kommersiële draakvrugte op varsproduktemarkte in Suid-Afrika gelewer het (Jasper Raats, Landbouweekblad, 25 Februarie 2019). Draakvrugte is vir ’n lang tyd met ’n sentrale paal en ’n sirkelvormige of vierkantige raam aan die bokant opgelei sodat die blare oor die raam drapeer [… D]eesdae word die plante in ’n plantlyn opgelei wat basies soos ’n kraalmuur lyk. Daar is regop paaltjies met drade of latte aan weerskante, waardeur die sentrale stam groei voordat die blare dan oor die draad of latte hang (Jasper Raats, Landbouweekblad, 25 Februarie 2019). | SINONIEM(E): pitaja | ENGELS: dragon fruit | pitahaya
samestellings:
draakvrugblom: Draakvrugblomme het kruisbestuiwing nodig (Jasper Raats, Landbouweekblad, 25 Februarie 2019). | draakvrugmark | draakvrugkwekery | draakvrugplant

 PRENTE  



Drakie s.nw. | Drakies | [verkleinwoord] (SA, informeel) lid van die Drakensbergse Seunskoor: Vhuthihi Siwada (gr. 8) van Gauteng is reeds vyf jaar ’n Drakie (Michèle Meyer, Vrye Weekblad, 9 Augustus 2019).
Drakies Drakensbergse Seunskoor: Ek was ’n introvert, hier het ek selfvertroue gekry. Drakies het soveel deure vir my oopgemaak. (Louis Hay aan Michèle Meyer, Vrye Weekblad, 9 Augustus 2019). | ENGELS: Drakensberg Boys Choir





drama queen s.nw. | drama queens | (Engels) Ook (Afrikaanse skryfwyse) dramaqueen, (informeel, skertsend) dramakwien | dramakwiens | iemand wat gereeld op melodramatiese wyse op situasies reageer: Sy was 'n drama queen, soos ek, en sy het baie talent gehad (Patrick Mynhardt, Die Burger, 10 Desember 2006). André Huguenet, voormalig Gert Borstlap, ’n dramakwien van sy amp wat ’n keer in ’n onderhoud met my ’n opmerking kwytgeraak het wat ek maar te helder onthou: “Slaan my met ’n nat lelie!” (Madeleine van Biljon, Die Burger, 17 April 2006). | SINONIEM(E): stresprinses | ENGELS: drama queen

dreunlyf b.nw. [gewoonlik predikatief] kwaad: Die Namakwalanders praat ook van “dreunlyf” as iemand kwaad is (Lily Roberts, Netwerk24, 28 Augustus 2020). Ja, Lily, ek raak dreunlyf wanneer RSG so dikwels Engelse woorde in sy programme deurlaat (Nic van der Walt, Netwerk24, 28 Augustus 2020). | ENGELS: angry

dreuntuig s.nw. | dreuntuie | onbemande (lug)vaartuig: Net soos slimfone het dreuntuie miniatuurkameras, -kommunikasie, -satellietnavigasie, -batterye en -dataverwerkingskrag nodig. Hulle het dieselfde behoefte aan minimale grootte, gewig en kragverbruik. ’n Dreuntuig is bloot ’n slimfoon met vlerke – en die vlerke is die goedkoop deel (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 10 Januarie 2020). | SINONIEM(E): hommeltuig | ENGELS: unmanned aerial vehicle | UAV

droogdruif s.nw. | droogdruiwe | druifkultivar wat spesifiek geteel is om rosyntjies te lewer: Boere verkry beter pryse vir droogdruiwe as vir wyndruiwe. | ENGELS: dry grape
samestellings:
droogdruifwingerd


druppelbesmetting s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (medies) besmetting deur klein druppeltjies, soos van spoeg wat in die lug uitgewerp word wanneer iemand praat, nies of hoes: Druppelbesmetting is die vernaamste verspreidingswyse, maar ’n mens kan ook siek word as jy aan ’n oppervlak raak wat met die virus besmet is en dan aan jou neus en mond vat (Landi Slatter, Rapport, 8 Maart 2020). | SINONIEM(E): druppeloordrag | ENGELS: droplet infection

druppeloordrag s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (medies) oordrag van ’n infeksiesiekte deur klein druppeltjies, soos van spoeg wat in die lug uitgewerp word wanneer iemand praat, nies of hoes: Die studie se slotsom was dat tuisgemaakte maskers slegs as ’n laaste uitweg oorweeg moet word om druppeloordrag van geïnfekteerde mense te voorkom, maar dat dit steeds beter as geen beskerming is (Vrye Weekblad, 27 Maart 2020). | SINONIEM(E): druppelbesmetting | ENGELS: droplet transmission

duim | duime | duimpie | | ENGELS: thumb
UITDRUKKING(S):
oor die duim blaas ’n raaiskoot waag; sê uit watter hoek die wind waai: As ek vir 'n oomblik oor die duim mag blaas, sou ek argumenteer ... (Piet Croucamp, Vrye Weekblad, 28 Augustus 2020). | ENGELS: hazard a guess


duiwel s.nw. | duiwels | duiweltjie | | ENGELS: angel
UITDRUKKING(S):
duiwel te perd (uit Engels, kookkuns) duiwelruitertjie


duiwelasem s.nw. [geen meervoud] (informeel, skertsend) dagga

duiwelruitertjie s.nw. | duiwelruitertjies | [verkleinwoord, gewoonlik meervoud] (kookkuns) Ook (uit Engels) duiwel te perd repie spek om ’n ontpitte pruimedant gedraai en in ’n pan gebraai. | ENGELS: devil-on-horseback

duiwelstert s.nw. | duiwelsterte | (tronktaal) mes: (Johann van der Westhuizen, Netwerk24, 16 September 2017).

dwaalbos s.nw. [geen meervoud] (informeel) dagga


dwangkrag s.nw. vermoë en mag om mense te dwing om iets te doen wat hulle nie uit vrye wil sou doen nie. | ENGELS: coercive power

dwarreldeeltjie s.nw. | dwarreldeeltjies | [verkleinwoord] fynstofdeeltjie kleiner as 10 mikrometer wat deur die lug dwarrel: Die insaseming van sommige dwarreldeeltjies kan mense en diere se gesondheid beïnvloed. | SINONIEM(E): sweefdeeltjie | ENGELS: particulate

dydelik b.nw. [dikwels verkort tot: dyd’lik] [veral predikatief] (lekties, informeel) eersteklas; uitstekend; goed; mooi; lekker; uit die boonste rakke: Tribal Echo was dydelik #oesfees2017 #respek (Danie Marais, Facebook, 26 Maart 2017). Dyd’lik, ek sê. Lank lewe my taal!

dzikr s.nw. [ook met hoofletter] (Arabies, godsdiens, Islam, Soefisme) Ook zikr, dhikr Voortdurende herhaling van die naam van God of kort gedeeltes uit die Koran as ritueel by meditasie.
OORSPRONG:
Arabies, letterlik: Dink aan God