Indeks | A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z | 1 | 2 | 3 | 4 | 5


5G afk., s.nw. [gewoonlik enkelvoud] vyfde generasie: 5G is ’n groot sprong nader aan die soort toekoms wat die sogenaamde vierde nywerheidsrevolusie inhou (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 15 November 2019). | ENGELS: fifth generation | 5G
5G-dekking | Ook 5G-internetdekking internasionale standaard vir koordlose/mobiele toestelle en datanetwerke: Die datadiensverskaffer … het vandeesweek aangekondig dat die 5G-dekking wat hy sedert September op ’n proefgrondslag aan uitgesoekte kliënte gebied het, nou aan enigeen beskikbaar is (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 15 November 2019 ).

5G-tegnologie Ook vyfdegenerasietegnologie vyfde generasie van draadlose slimtoestelle wat data teen ’n spoed van tot 100 gigabisse per sekonde kan op- en aflaai – dit is tot honderd keer vinniger as toestelle van die vorige generasie.

samestellings:
5G-kol |
5G-netwerk
: Die inligting is blitsvinnig oor ’n spesiale 5G-netwerk gestuur wat spesiaal vir die geleentheid opgestel is (Petrus Malherbe, Netwerk24, 8 Julie 2019).