Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Januarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van 2024 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
Vraagteken is al wat oorgebly het van die Latynse Quaestio
Die naam vraagteken is een van die vyf of wat lees- en diakritiese tekens waarby ons -teken as deel gebruik. Die ander is deelteken, koppelteken, uitroepteken en beletseltekens. By die ander praat ons nooit van ’n so en so “teken” nie. Vergelyk: komma, punt, kommapunt en aandagstreep.
Die ou Romeinse woord quaestio beteken “ek vra ’n vraag”. Dit hou direk verband met ons Afrikaanse woord kwessie. Algou is quaestio in Latyn afgekort tot Qo. Die o het onder die Q ingeglip uit haastigheid, en mettertyd verklein tot ’n blote kolletjie. Dit is duidelik hoe die ? ontstaan het uit Q met ’n kolletjie daaronder, as mens in gedagte hou dat die Q, soos vandag nog die gebruik is by baie mense, soos ’n 2 geskryf is.
Let daarop dat ons nie ’n vraagteken plaas na ’n afhanklike vraag nie. ’n Wesenlik vraende sin soos Ek wonder of sy al plek bespreek het, word dus nie met ’n vraagteken beëindig nie.
Al vraagsinne met vraagtekens is direkte vrae, soos Het jy plek bespreek? en retoriese vrae, soos Is die má nie pragtig nie?
Uitroepteken
’n Uitroepteken is eintlik die antieke Griekse woord Io. Dit beteken “Ek is verbaas!”
Soos by die vraagteken, het die o onder die I ingeglip, en mettertyd verklein tot ’n blote kolletjie.
Mens moenie ’n uitroepteken gebruik wanneer jy wil hê jou leser moet verbaas of verontwaardig wees nie. En uitroeptekens moet ook heel spaarsaam gebruik word. Onthou Wolf! Wolf!
Aanhalingstekens
Vandag se aanhalingstekens is die oorblyfsels van ’n voorstelling van twee lippe. Dié tekens het ’n eienaardige geskiedenis. In antieke Rome is woorde wat deur iemand anders as die skrywer gebruik is, aangedui met twee geboë krapmerkies, wat lippe voorgestel het. Mettertyd is dié twee merkies vertikaal gedraai vir skryfgemak.
Mettereeue het ons twéé aanhalingsteken-pare begin gebruik: een paar waar die sprekende nieskrywer begin praat, en een paar waar die aangehaalde persoon ophou praat.
Apostroof
Die bekendste naam vir die apostroof is die afkappingsteken, soos in die geval van die teken voor s in Nou’s daar moeilikheid. Maar ek verkies die naam apostroof omdat afkappingsteken mens mislei. Soms het mens juis nie met ’n afkappingsteken te make nie, maar met ’n uitkappingsteken, soos in eng’le, al’s en vaad’re.
Mens kan aan ’n apostroof dink as ’n hangende messie waar ’n deel van ’n woord weggesny is.
Parentese
Die bekende naam vir parentese is hakies, maar parentese is ’n goeie didaktiese naam. ’n Parentetiese woordgroep is iets wat jy invoeg in ’n andersins volledige sin, byvoorbeeld om te verduidelik. As mens ’n informele stuk met die hand skryf, voeg mens ’n gedagte in die kantlyn by, trek ’n kring rondom en dui met ’n streep en dalk ’n pyltjie aan waar dit ingelees moet word. Drukkers halveer daar die kring tot twee halfsirkels.
Parentese kom uit die Griekse para “kant”, en “in”, en tithinai “om te plaas”. Parentese is “in die kantlyn plaas”.
Johan Combrink, Taalskatkis, 22 Mei 1995 © Die Burger, Media24
trefwoorde
aanhalingsteken | afkappingsteken | apostroof | diakritiese teken | leesteken | hakie | parentese | uitroepteken | vraag | vraagsin | vraagteken
uitspraak
Uitspraak van vreemde woorde
uitspraakverskil
variëteit
Variëteite wys taalverskeidenheid
verafrikaansing
vergeleke met
verhouding
verkorting
Verskynsels gee woorde
vertaling
voegwoord
vokaalopeenhoping
vokaalrekking
vokaalverlenging
volksetimologie
volvorm
voorkeurvorm
voornaamwoordelike bywoorde
voorvoegsel
vraag
vraagsin
vraagteken
Vraagteken uit Latyn
vreemde woord
vullerwoord
Waar hou woorde op?
Wanneer anglisisme?
wanvertaling
weglaatteken
Welkom vreemdelinge
werkwoord
wisselvorm
Woord sê nie alles nie
woordeboek
Woordeboekdag
woordomruiling
Xhosa
Zoeloe