Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Januarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van 2024 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
Elke taal hier sy eie baas
Mense praat van lyftaal asof dit ’n nuwe ding is. Hulle moet weer dink. Is dit dan nie waar dat diere sonder taal kan dreig en soebat en flikflooi en lieftallig en harteloos wees nie? En sou dit anders gewees het in die vroeë dae van die gesproke taal toe daar nog nie (of nie soveel) abstrakte woorde was nie? Selfs vandag is dit nouliks anders.
Ons gebruik nog altyd die liggaam (“face” hier) om dade, gesindhede, lotgevalle, houdings en bedrywighede te beskryf. Kyk net in die Frasewoordeboek van P.A. Joubert waarvoor “face” (die menslike gesig) nie alles gebruik word nie.
Die aanhalings begin met die Engels omdat dié deel eerste verskyn het. (Maar ek maak nie verskoning vir die gebruik van Engels nie. Ons behoort Afrikaans en Engels saam te leer.) Nou die aanhalings:
He puts a bold face on it.
Hy maak of hy nie omgee nie.
Is dit dan nie praat met die liggaam, die gesigsuitdrukking, eerder as met woorde nie?
fly in the face of something
teen iets indruis (selfs ’n ding sonder ’n gesig)
grind the faces of the poor
die armes verdruk
lose face
aansien verloor
It stares you in the face.
As dit ’n slang was, het dit jou gepik.
Dié klompie moet die baie verteenwoordig wat daar is. Hier het Engels elke keer “face”, maar gesig staan in nie een van die vertalings nie. Dit sê vir ons dat dit nie om die gesig gaan nie. “Gesig” is maar net lyftaal vir iets anders.
In vaste uitdrukkings het elke taal sy eie maniere. Nie net “face” (gesig) word vir dié soort lyftaal gebruik nie. Ook ander liggaamsdele word vir dié soort lyftaal ingespan, soos “hand”, “ear”, “foot”, “mouth”, “nose”, “tongue”.
Soveel kere “face” in Engels, wat nie een keer in Afrikaanse gesig word nie, wys dat dit nie om die gesig gaan nie. Die gesig weerspieël maar net hoe dit met die res van die liggaam gaan. Dis die Engelse manier van sien in hierdie spesifieke gevalle, nie die Afrikaanse nie. Daarom kan face hier nie met gesig vertaal word nie. Maar ons doen dit nog. Sowaar. Na al die jare! En die verskynsel is nie tot lyfwoorde beperk nie.
Die dag toe ek hierdie Frasewoordeboek ontvang, sê my koerant nog “Lugvaartpakt in pyplyn vir SA”. Daarvoor sê die Frasewoordeboek so ’n pakt is aan die kom. Die koerant sê ook, soos die Engelse, voedselverskaffers “kom weg met moord” (“get away with murder”). Die Frasewoordeboek sê hulle doen net wat hulle wil. Sonder moord hier en sonder pyplyn daar. Wat wys dat daar na soveel jare van skoolgaan en soveel jare van saamwoon met die Engelse nog altyd baie werk oorbly vir die Frasewoordeboek.
Ons moet leer om frases nie letterlik te vertaal nie. Maar die saak is nie so eenvoudig as dit by die eerste oogopslag lyk nie. Afrikaans het lorrie en enjin en baie ander uit Engels oorgeneem, waarom nie ook (sê) “wegkom met moord” nie wat minder Engels is as lorrie en enjin?
Die antwoord is dalk dat lorrie en enjin oorgeneem is in die vroeë dae toe Afrikaanse sy pad vorentoe nog onseker gevoel het. Nou het ons te doen met ’n ander wêreld en ’n ander Afrikaans. En hopelik met sprekers wat nie sal vra wat die Engels vir lorrie en enjin is nie.
Johan Spies, Taalgereedskap, 15 Junie 1992 © Die Burger, Media24
trefwoorde
Engels | leenwoord | lyftaal | uitdrukkings | vertaling
saam (met)
samestelling
schwa
Sê en meen is twee
See-erfenis in idiome
seemanstaal
Sinne met so
sinoniem
sinsvolgorde
skryftaal
Slegte ruil
snel groeiende
sosiolek
Sotho
Spelkeuses is taaldemokrasie
spreektaal
stamelwoord
standaardtaal
Standaardtaal in die kollig
standaardvariëteit
stappe doen of neem?
stelsin
stopwoord
Taal is baas
taaldemokrasie
Taalkommissie
taalluiheid
taalpurisme
taalverandering
taalverarming
taalverskeidenheid
taboewoord
testament tot
Tok Pisin
transkripsie
troetelagtervoegsel
troetelnaam
troetelvorm
Turkye, Türkiye
tussenwerpsel
uitdrukking
uitroepteken
uitspraak
Uitspraak van vreemde woorde
uitspraakverskil
variëteit
Variëteite wys taalverskeidenheid