Bygewerk op 2 Maart 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 449

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

Ponzi-skema s.nw. | Ponzi-skemas | [soms verkort tot Ponzi] [ook met kleinletter(s)] (in Suid-Afrika) geldmaakskema wat, as vorm van bedrog, ’n jaarlikse opbrengs beloof van minstens 20 persentasiepunte hoër as die repokoers: Bernie Madoff, die New Yorkse skepper van die grootste Ponzi-skema wat die wêreld nog gesien het, laat Namakwalandse swendelaars soos Adriaan Nieuwoudt en Louis Liebenberg soos jaffelverkopers by die kleuresport lyk (Albertus van Wyk, Vrye Weekblad, 13 Januarie 2023). Die plaaslike tak van ’n [Bitcoin-skema] word deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens se gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid ondersoek omdat dit ’n beweerde Ponzi-skema is (Finweek, 21 April 2016). Talle gewone Suid-Afrikaners het lae vlakke van finansiële geletterdheid en word dikwels die prooi van woekeraars en Ponzi-skemas (Finweek, 12 Mei 2016). Bewaar jou geld en bly weg van Ponzi’s.ENGELS: Ponzi scheme | Ponzi game

oorsprong:
Na die Italiaans gebore swendelaar en bedrieër Charles Ponzi, wat in die 1920’s in die VSA en Kanada beleggers uit miljoene dollar verkul het deur aan hulle, binne net 45 en 90 dae onderskeidelik, 50 en 100 persent wins op beleggings te belowe.


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther