Bygewerk op 2 Maart 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 449

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

opwentel ww. wentel op | het opgewentel |
1
na bo of boontoe wentel of draai: [Daar is oopmond gestaar na wat ’n meisie van die Oekraïne] op ’n paal kan doen, hoe sy soos ’n spinnekop in die wind met knieë en elmboë teen die paal opwentel, hoe sy koponderstebo aan die bokant hang, vryval en haar met net haar dye keer (VivA-korpus).

2
(figuurlik) na bo of boontoe gaan, neem, voer, verskuif of verplaas: besluite, funksies, kwessies, verantwoordelikhede opwentel [Prof. Dani] Rodrik se evaluering van die vermoë van verskillende lande om op die 2007-krisis te reageer [in sy boek The Globalization Paradox], was dat lande met hul eie beleidsruimte beter gevaar het as lande waar beleidsbesluite reeds na internasionale instellings opgewentel is. (Jaco Kleynhans, Rapport, 3 Mei 2020). Eintlik is die idee van verteenwoor­digende leierskap, soos wat ek dit verstaan, dat leerlingkwessies moet opwentel tot by die skoolbeheerliggaam (SBL) en SBL-sake weer afwentel tot op die leerlinge se vlak (Netwerk24, 5 September 2017). Die Party staan vir ’n konfederasie of gemenebes waar outonomie by die deelstate berus, wat kan besluit watter funksies hulle na die konfederasie wil opwentel (Die Burger, 29 Augustus 1992). Elke staat besluit self watter sake hy na die oorkoepelende federale raad wil opwentel (Beeld, 9 Desember 1992). ◌ TEENOOR: afwentelENGELS: move up | shift up | advance | escalate | promote


afleiding(s):
opwenteling: opwenteling van gesag


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther