Bygewerk op 27 Julie 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

toksies b.nw. | toksiese | giftig.
toksiese leier leier wat kenmerke van toksiese leierskap toon: Die toksiese leier kan, as hy toegelaat word om lank genoeg aan te gaan, organisatoriese strukture met die verloop van tyd verwoes en ’n hele organisasie vernietig. Dit geld ook vir regerings en lande (Finweek, 8 Junie 2017). ’n Toksiese leier kan die organisasie se kultuur beïnvloed deur [...] organisasieprosesse te verontagsaam, lojaliteit bo bevoegdheid te beloon, sosiaal onaanvaarbare gedrag soos onderlinge vetes te normaliseer sowel as deur vertroue af te breek en duidelike gesagspunte te erodeer. ’n Toksiese leier se ander, bedriegliker invloed is wat sy gedrag aan die verhoudings tussen mense in die organisasie doen (Finweek, 8 Junie 2017). | ENGELS: toxic leader

toksiese leierskap (figuurlik) leierskap gekenmerk deur onwilligheid om terugvoering te aanvaar, leuens of teenstrydighede, kliekerigheid, outokrasie, manipulasie, intimidasie, baasspelery en/of narsisme: Die teenvoeter vir toksiese leierskap in die Afrikakonteks is ’n leierskapstyl wat ubuntu sentraal plaas [...] Hier lê die klem op mag as ’n manier om ánder te help. Die grondslag is die welstand van ander en maniere om ander te ontwikkel. Ubuntu-leiers is in voeling met hul ware self, hulle leer uit kritiek, probeer verbeter, stimuleer ondergeskiktes om onafhanklik te dink en plaas hul eie ego ondergeskik aan wat belangrik is vir die saak (Prof. Ebben van Zyl, Netwerk24, 10 April 2016). | ENGELS: toxic leadership


 Nuut: Die rooi veer is verrinneweer (blog) | Op pad na AWS12 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther