Bygewerk op 27 Julie 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

toelies1 (Moesliemafrikaans)
ww. | het getoelies | skryf: Wiet hulle die ee’ste kietaap in Afrikaans was ’n koplesboek wat in Arabies ge-toelies was, ma’ wannir die garaafs gelees was, is dit in Afrikaans uitgespreek? Boeta Achmad Davids aragam, een vannie famous Moesliem­historians, het so ’n koplesboek gekry wat so vroeg as 1807 met die hand getoelies was (Al-Ameen Kafaar, Son, 10 Maart 2018). As jy só concerned is oo’ Afrikaans, dan sal jy mos ’n effort maak om nog laaities by die skool te kry en hulle dan eventually in Afrikaans te laat toelies? (Al-Ameen Kafaar, Son, 10 Maart 2018). | ENGELS: write

s.nw. [geen meervoud] (Arabiese) skrif; letters: Nou ons het mos geweet watter huis ’n Moslem-huis was oor daardie maan-sticker met die toelies wat in die venster geplak is (Yusuf Daniels, vertaal deur Sophia Swanepoel, Vrye Weekblad, 13 Desember 2019). | ENGELS: (Arabic) script


 Nuut: Die rooi veer is verrinneweer (blog) | Op pad na AWS12 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther