Bygewerk op 27 Julie 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

toek-toek s.nw. | toek-toeks | driewielvoertuig, gewoonlik met ’n tweeslagenjin, wat as openbare vervoermiddel en veral as taxi gebruik word, veral in Asië, maar ook in Afrika: […] terwyl ons die middestad tussen die straatverkopers, toek-toeks en die brommende swart viertrekvoertuie van Tanzanië se elite deurkruis (Liesl Louw-Vaudran, Netwerk24, 23 Januarie 2020). Hoewel die Pakse-roete – in die suide van die land, naby die Thaise grens – tradisioneel ’n multidag-motorfietsroete is wat rugsakreisigers graag aanpak, kan jy ook ’n motor huur, of dit aanpak vanaf die agtersitplek van ’n toek-toek (Netwerk24, 21 September 2019). Toe ek klaar is, stop ’n outydse tweeslag-toek-toek, swart met ’n geel dak, voor die huis en laai die jong vrou op (Harry Kalmer, In ’n land sonder voëls, 2019). | ENGELS: tuk-tuk
OORSPRONG:
Na die geluid wat dit maak.


 Nuut: Die rooi veer is verrinneweer (blog) | Op pad na AWS12 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther