Bygewerk op 27 Julie 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

toekomsbestand b.nw. | toekomsbestande | opgewasse teen uitdagings wat die moderne wêreld in die toekoms gaan bied: Klimaatskrisis is die gonswoord. Veganiste doen hul deel om die klimaatskrisis te bestry deur vleis te vermy. Maar nou is daar ’n meer omvattende benadering. Daar is ’n skuif na wat beskryf word as “toekomsbestande kosse” – kosse wat meer bevorderlik en volhoubaar vir die planeet is (Huisgenoot, 8 Januarie 2021 ). | SINONIEM(E): toekomsbestendig | toekomsvas | ENGELS: future-proof
iets (of iemand) toekomsbestand maak vandag reeds werk om die verwagte negatiewe gevolge van toekomstige gebeure op iets (of iemand) tot die minimum te beperk: Ons [het] ’n nuwe strategiese visie geskep om die handelsnaam vaartbelyn en toekomsbestand te maak (Netwerk24, 30 Julie 2020). As maatskappye hulself toekomsbestand wil maak, gaan hulle kreatiewe denke en innovering sleutel-prioriteite binne hul korporatiewe kultuur moet maak (Carla Lewis, Netwerk24, 22 Junie 2019). Onderwysers word nou gedwing om nuwe vaardighede aan te leer, wat hulle ook beter toekomsbestand maak (Netwerk24, 12 Junie 2020). | ENGELS: future-proof

samestellings:
toekomsbestandmaking: Toekomsbestandmaking kry aandag in elektronika, in die mediese bedryf, by industriële ontwerp, en by ontwerpe vir klimaatsverandering. | ENGELS: future-proofing


 Nuut: Die rooi veer is verrinneweer (blog) | Op pad na AWS12 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther