Bygewerk op 27 Julie 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

tjorts1 (informeel)
s.nw. | tjortse |
1
heildronk. | ENGELS: toast

2
drankie: ’n “Tjorts” in die kroeg is die gepaste afsluiting vir ’n lekker dag se 4x4-ry (WegRy, November 2016). | ENGELS: drink

ww. | het getjorts | ’n heildronk drink op ...: Ons tjorts respekvol op die lewe, oorlewing en die wonder van wynmaak (Michèle Meyer, Vrye Weekblad, 13 November 2020). Terwyl die son sak, kom suip ’n trop wildebeeste wat my aanstaar asof ek nie hier hoort nie. “Julle gatte,” sê ek en tjorts hulle met my bier vanuit die jacuzzi terwyl die horison ’n dieprooi son stadig maar seker insluk (WegRy, Maart 2016). | ENGELS: drink a toast

tussenwerpsel (gesondheidspreuk) woord om ander by die drink van ’n drankie gesondheid toe te wens: Tjorts! | ENGELS: bottoms up


 Nuut: Die rooi veer is verrinneweer (blog) | Op pad na AWS12 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther