Bygewerk op 27 Julie 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

tilaka s.nw. | tilakas | (Hindi) Ook (informeel) tika, tilak, (Pandjabi) bindi | bindi’s |, (Tamil) pottu | pottu’s |, (Telugu) bottu | bottu’s |
1
kolletjie/merkie, tradisioneel met sandelhoutpasta gemaak, maar deesdae ook met ander kleurmiddels of selfs geplak, op die voorkop van ’n volgeling van die Vishnuïsme/Wisjnoeïsme, een van vier groot tradisies in die Hindoeïsme: Die prins het ook by die park ’n tika tussen sy oë gekry (Netwerk24, 22 Maart 2016). Met ’n bindi op haar voorkop het die hertogin plat op die vloer gesit tydens ’n kunsklas (Netwerk24, 12 April 2016). Die riglyne laat wel die bottu of tilak, oftewel die rooi of oranje kolletjie op die voorkop van Hindoe-vroue, toe – mits dit nie meer as 6 mm in deursnit is nie. Die rooi kolletjie simboliseer ’n getroude vrou se verbintenis tot haar man (Erika Gibson, Vrye Weekblad, 28 Junie 2019). “Bindi?” Sy glimlag en vat vlugtig aan die rooi kol op haar voorkop
(Harry Kalmer, In ’n land sonder voëls, 2019).

2
lang vertikale merk wat strek van net onder die haarlyn tot byna die punt van die neus. | ENGELS: tilaka | bindi


 Nuut: Die rooi veer is verrinneweer (blog) | Op pad na AWS12 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther