Bygewerk op 27 Julie 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

til s.nw. | tille | (uit Engels, informeel, lekties)
1
kasregister: Die vrou agter die til het vir my gese sy het geen kleingeld nie. Sy het ’n slegte houding gehad en het nie die moeite gedoen om my te wou help nie (Hellopeter.com, 29 Oktober 2017). Ons is ongelooflik ordentlik. Ons is beslis die enigstes op aarde wat die mense agter die til bedank vir ons aankope (Rian van Heerden, Twitter, 21 Augustus 2014). Ek wys vir die kinders wat harde werk is. Ek vertel hulle dat ek tot in my vierde jaar op universiteit in Kentucky gewerk het. En nie daar voor by die tille nie. Ek het agter in die kombuis gestaan en aartappels skil (Portia Naidoo, Netwerk24, 6 Januarie 2016).

2
betaalpunt: Ons maak ons tille ná elke transaksie skoon en sorg ook dat ons trollies gereeld skoongemaak word (Netwerk24, 26 Mei 2020). Gistermiddag stap ek by die Spar in en kry gou ’n brood. Voor by die til sit ek my handsak op die toonbank neer, hiert skielik ‘vibrate’ my handsak (LitNet, 23 Augustus 2011). Ek het genoeg gehad van die bleddie security. Nie een het ’n gun gehad nie. Die arme oumense moes by die tille lê soos visse (Veronica Gamba, Netwerk24, 1 Junie 2014). Nou die dag, in Bloemfontein stap ek by ‘n bakkery in en ek vra die vrou agter die til of sy die eienares is (LitNet, 14 April 2014). | ENGELS: till

UITDRUKKING(S):
die til slaan by ’n kasregister werk: Sy is getroud met ’n vrou wat die til slaan in Pick 'n Pay (Theunis Engelbrecht, “Krismis ’99”, 2001).


 Nuut: Die rooi veer is verrinneweer (blog) | Op pad na AWS12 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther