Bygewerk op 27 Julie 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

thuma mina woordgroep [Zulu: : stuur my] [dikwels met hoofletters] slagspreuk gebruik deur Cyril Ramaphosa, president van Suid-Afrika (2018–), om Suid-Afrikaners aan te moedig om probleme in die land te help oplos: 'n Nuwe daeraad, vernuwing, huisskoonmaak en ekonomiese groei was Ramaphosa se beloftes en thuma mina sy oproep (Max du Preez, Vrye Weekblad, 30 Mei 2019). Selfs nou, val hulle in by Thuma Mina, en vra om gestuur te word (Gustav Claassen, Rapport, 6 April 2019). Die SAID doen weer ’n beroep op mense wat inkomstebelasting, belasting op toegevoegde waarde, aksyns of enige ander geld verskuldig is, om dit teen 29 Maart te betaal “in die gees van Thuma Mina” (Hanlie Stadler, Netwerk24, 24 Maart 2019). | ENGELS: thuma mina
OORSPRONG:
Na ’n gewilde lied van die jazzmusikant Hugh Masikela, ’n variasie op ’n bekende Zulupsalm.


 Nuut: Die rooi veer is verrinneweer (blog) | Op pad na AWS12 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther