Bygewerk op 27 Julie 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

terroir [uitspraak: ter-war] s.nw. [versamelnaam] (Frans) grond, topografie en klimaat, in verhouding tot hoe dit tot die eienskappe bydra van gewasse wat daarin groei: Dié plaas se unieke terroir sou uitsonderlike wyne oplewer, het hy dadelik besef (Lucille Botha, Landbouweekblad, 24 September 2020). Terroir is iets wat hoofsaaklik by wyn, tee, koffie en enkelmout-whiskey ter sprake is (Vrye Weekblad, 18 September 2020). wyn van ’n goeie terroir As die terroir niks het om te sê nie, sal die wyn ook nie. Indien dit in ’n baie spesiale terroir geplant is, en in die regte hande, sal die wyn ’n diep en intellektuele storie vertel (Netwerk24, 26 Augustus 2020). Ons glo werklik dat die gebied se terroir tesame met die toewyding van ons produsente, oesjaar ná oesjaar uitsonderlike wyne lewer (Netwerk24, 27 Maart 2020).

 Nuut: Die rooi veer is verrinneweer (blog) | Op pad na AWS12 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther