Bygewerk op 2 Maart 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 449

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

Boere-Toskaans s.nw. [soms verkort tot Boeretos] (skertsend, soms neerhalend) boustyl in Suid-Afrika wat ’n Toskaanse invloed vertoon: Die bewyse is daar vir elke besoeker aan Frankryk om te sien – al die huise in Provence lyk soos die huise in ons jonger woonbuurte. Bont dakteëls van klei en ’n boustyl wat plaaslik as “Boeretos”, oftewel Boere-Toskaans, bekend staan (Die Burger, 1 Mei 2004). Ek wonder of die publiek besef wat Boere-Toskaans aan ons landskap en ons tuine doen? [...] Volgens huiseienaars en die algemene mening bestaan ’n Toskaanse tuin uit die volgende basiese elemente: die ronde fontein of “water feature” met ’n Romeinse beeld wat water spuit; die oorgewilde “lolliepop”-boompies; laventelbos en boks-heininkies. Dié tipe landskap laat veel te wense oor; buiten dat dit geen ruimte vir kreatiwiteit laat nie lyk dit oral dieselfde en is dit in baie gevalle nie vir die klimaat geskik nie (Beeld, 26 Januarie 2005). Boere-Toskaans nes Indiese spreeus [...] As ’n getoë Pretorianer voel ek daar is min verskil tussen indringer-myna-spreeus en pseudo-Toskaanse monstruositeite [...] Dit word al hoe duideliker dat ons ’n gemeenskap is wat net kan na-aap en dink as dit bo blink, niemand verder kan sien of ruik nie  (Renée Rautenbach, Beeld, 25 November 2004).

Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther