Bygewerk op 23 Februarie 2020
Redakteur: Jana Luther

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings wat nié in ander Afrikaanse woordeboeke neerslag vind nie, asook oues wat in die slag gebly het – hier bewerk. Afrikaans Vandag is ’n eie inisiatief en onafhanklike projek van Jana Luther, redakteur van die sesde uitgawe van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT6).

Die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) word hier deurentyd aangevul. Ook met beeld en klank om betekenis te verhelder en gebruikstoeligting te gee. Tik ’n soekwoord in die kassie hier onder en vind dié woord dadelik op enige plek in die woordeboek, indien dit reeds opgeneem is – ook Engelse woorde.

Klik hier om die hele woordeboek te sien en deur al die artikels te blaai.

Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons!